Wie is jy in Christus?
Wanneer jy Jesus aanneem verwyder Hy jou verlede en jy word `n nuwe mens sonder verlede met `n wonderlike toekoms!
Psa 103:11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
Vrees en ontsag vir God
Om God te vrees is om besef wie Hy is Die Almagtige wat alwetend en alomteenwoordig is, wat regverdig is.
Fil 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
Streef aktief na geestelike volwassenheid met ontsag-geïnspireerde vrees en bewing; gebruik ernstige versigtigheid en kritiese selfevaluering om enigiets te vermy wat God kan aanstoot gee of die naam van Christus kan diskrediteer. Jou en toewyding moet meer op Christus fokus sodat jy nie deur jou eie siening van God afvallig word nie.
Jesus se goedheid het nie perke vir sondaars wat na Hom kom nie.
God gee werklik om vir die mense wat na Hom gaan, die mense wat besef wie Hy is, en Jesus aanneem en Hom vrees. Sy goedheid vir hulle het geen perke nie.
Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
Jesus het jou sondes op Hom geneem; Sy genade en liefde vir jou het verlede; jou sondes en ongehoorsaamheid so ver as die ooste van die weste verwyder en omdat daar nie `n oos pool en wes pool is jy totaal vergewe. Dit beteken dat Jesus jou sonde vergeet het en nooit weer daaraan dink nie.
Jy moet besluit of jy God met alles wil dien en of jy God wil dien met jou sondige lewe.
1Joh 2:15-17 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
Jos 24:19 Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is ‘n heilige God, Hy is ‘n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
Tit 1:16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.
Jou ou lewe is verby en jy is nou `n nuwe mens
2Kor.5: 16-18 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
Dit is baie belangrik dat jy besef wie jy in Christus is! Eerstens het God 'n duur prys vir jou betaal; Jesus die Skepper van die heelal het Sy lewe vir jou gegee, want jy is kosbaar vir God. Hy ken jou by die naam!
Jes 43:1-2 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Jy is `n vriend van God
Joh 15:13-16 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Jy is God se eiendom
Deur die wedergeboorte het jy God se eiendom geword omdat jy in Christus gebore is. En omdat jy sy eiendom is wat Hy duur gekoop het; Hy sal sorg vir sy eiendom en Hy sal altyd by jou wees. Jy behoort nie meer aan jouself nie maar aan God! Omdat jy Hom gehoorsaam, sal Jesus en God die Vader by jou kom woon.
Joh 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Jou ou lewe wat vol sonde was, is begrawe en bestaan nie meer nie, jy het nou `n Tempel geword waarin God die Heilige Gees woon
1Kor 6:19-20 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Gebou op jou liefde vir God en Sy liefde vir jou
Dit is belangrik om te besef dat jou verhouding met God gebou word op jou liefde vir Hom en Sy liefde vir jou! Ware liefde vir God sal jou die krag gee om vas te staan in moeilike tye.
1Joh 4:7-8 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
Solank jy in God bly sal jy geestelike vrugte dra, en God sal na jou gebede luister.
Joh 15:5-8 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Die ou mens bestaan nie meer nie, en jy het deel van God geword. Die mens wat jy was se vrugte het afgeval en jy dra nou die vrug van 'n nuwe mens in Christus. Daarom moet jy besef wie jy is, en as`n nuwe mens in Christus te leef. God sal dit wat nie van Hom is nie, afsny sodat ons nou nuwe vrugte kan dra. Wie jy was jou woorde en dade van die verlede moet verander. Wanneer die Heilige Gees vir jou wys wat verkeerd is, moet jy dit erken en ophou om dit te doen. Anders sal Jesus uitdryf.
Jou ou natuur en begeertes sal altyd probeer om terug te keer.
Gal 5:16-17 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Om deur die Gees te lewe moet jy wegdraai van jou ou lewe en Jesus volg. Om Jesus te volg moet jy gereeld in gebed met Hom praat en Sy Woord lees. Jy kan nie vir Jesus volg as jy nie Sy weg ken nie!
Jy moet besef wie jy nou is, jy is nie meer alleen nie; jy het deel van God geword en wat ookal gebeur God is met jou en sal jy dra.
Rom. 8:31-32 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
God kan alleen vir jou wees as God in jou lewe is en as jy Hom vrees en gehoorsaam!
Spr 12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.
3Jn 1:11 Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
Jy het omgedraai na Jesus Daarom moet jy breek met die sondes wat jy gedoen het.
Rom 6:1-4 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
Jou gesindheid moet verander, jy moet soos Jesus word.
Fil 2:4-8 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Is jy nou beter mense as die sondaars? Nee, jy is nie beter as ander nie; jy was waar hulle nou is, die genade van Jesus het jou verander. Jesus se genade wat jy nie verdien het nie, het jou verander! Daarom is jy nie beter as hulle nie. Jy moet mense na Jesus lei deur jou voorbeeld, met liefde en probeer om hulle te verstaan, sodat jy hulle kan help. Alhoewel Jesus jou vergewe het en nie meer aan jou sondes dink nie, moet jy altyd besef waar jy was en waar jy nou is!
Ef 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
As die uitverkore geslag moet jy leef en waardig wees.
1Pet 2:9-10 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
Uitverkore geslag: 'n Uitverkore geslag, deur daadwerklike roeping afgeskei van die wêreld tot diens van Christus wie se naam hulle dra
Wanneer jy deur Jesus Christus naby God gebring word, en deel kry aan al die ryke en onskatbare seëninge en voorregte van die evangelie. Is hulle uitermate deel vir al die ryke barmhartigheid en vrye genade van God; Wat nie genade verkry het nie, maar nou genade verkry het.
Gal 4:6-7 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
Die grootste wonderwerk is wanneer `n sondige mens verander word na Kind van God, nie net uiterlik nie maar innerlik. Jou siening en die mens wat jy was verander in `n nuwe mens wat voorheen nie bestaan het nie. Die mense wat jou sien sal sien watter wonderwerk God in jou lewe gedoen het!
Hoewel jy verander het sal jy ook `n woestyn ondervinding gaan en deur getoets word. Dit sal jou geloof versterk wanneer jy slaag.
Rom 5:3-6 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
Daar is nie `n belofte dat jy nie deur moeilike tye sal gaan nie, maar wel dat God saam met jou deur moeilike tye gaan.
Jes 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Psa 23:4-6 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
Psa 91:14-16 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
1Kor 10:12-13 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Jy het nou deel geword van God se Koninkryk, die moeilike tye wat jou moet deur gaan is om jou geestelike karakter te vorm, en om jou sterk in die Jesus te maak. Ons almal gaan daardeur; jou ou natuur met verander word.
1Pet 4:12-16 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
Omdat ons kind van God is, is ons erfenis grooter as ons grootste verwagting
Rom. 8:16-19 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
Ons het Jesus aangeneem en deel geword van God se Kinders
Gal 3:26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Ons is met heerlikheid bekroon net minder as `n godelike wese gemaak
Psa 8:4-6 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
God bekommer Hom nie oor engele nie maar oor ons.
Heb 2:16-18 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Nou dat ons deel geword het van God se koninkryk moet ons die werke van die wêreld verlaat en die werke van God se Koninkryk doen.
Heb 12:14-15 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
1Pet 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
Dit is Ek met wie julle te doen het. Julle is myne. Onthou dus van heidense besoedeling. Soos Ek die fontein van heiligheid is, heilig in My wese, wees julle dan ywerig om deelgenote van heiligheid te wees, sodat julle kan wees soos Ek ook is. God is in Sy wese heilig: die skepsel is heilig in soverre dit deur God geheilig is. God, deur die opdrag te gee, is bereid om ook die krag te gee om dit te gehoorsaam, naamlik deur die heiligmaking van die Gees.
1Pet 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
Geroep vir God se werk
1Tim 4:14-16 Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
Tit 2:7 Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.
1Pet 2:11-12 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
In `n eenheid met God
Jesus bid dat ons moet word soos hy is en een word met Jesus en Sy vader, Daarom moet ons onsself afsonder vir Jesus en net vir Hom leef.
Joh 17:19-23 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
Ons is nie net kinders van God nie maar deel van God soos Hy is. So het Hy ons geskape na; Sy gelykenis en Sy beeld, om te wees soos Hy is in eenheid met Sy Goddlike wese!
Kind van God jy is deur God uitverkies!
Efe 1:3-6 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
Jy is nie meer net jy nie, maar duurgekoop en hooggeag, een met die ewig lewende God.
Verheerlik jou God in jou liggaam en in jou Gees
1Kor 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

- Koninklike priesterdom: ’n Koninklike priesterdom, dit wil sê konings en priesters; konings om saam met Jesus te regeer, en priesters om geestelike offers aan Jesus te bring.
- Heilige volk: 'n Heilige nasie; Toegewei aan God se opdrag om Sy wil te gehoorsaam en uit te voer. Om die doel van die kerk uit te voer sodat die gemeente in eenheid versterk word en die verskil in `n sondige wêreld te maak waar mense verlos word en versorg word.
- Volk van God is: 'n Eiesoortige volk, in verbond met God, gekoop deur die bloed van Christus.