Matt.28:18-20 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. OV
Tit 2:7-8 Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.
1Pet 2:11-12 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
Jy kan nie iets aan mense verkondig waarvan jy geen ervaring het en waarin jy nie glo nie. Jy kan ook nie vir hulle leiding gee sonder voorbeelde nie!
Die tweede opdrag: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;
Hulle moet eers dissipels volglinge van Jesus gemaak word voordat jy hulle doop. Jy kan nie mense doop wat nog nie hul ou lewe verlaat het, en hulle bekeer het nie. Johannes het gekom en mense gedoop:
Mat 3:5-6 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe. En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
Voordat Johannes hulle gedoop het moes hulle die vrugte van bekering dra:
Mat 3:7-10 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas. En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Die derde opdrag: leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Wanneer mense hulle bekeer het en gedoop is moet hulle meer van Jesus geleer word sodat hulle weer ander na Jesus kan lei.
God het elkeen van ons geroep en aangestel om Sy koningkryk op aarde uit te bou! Jy en ek het verskillende roepings ontvang. Ons is die liggaam van Christus op aarde! Wanneer jy jou roeping in God vasgestel het is jy daarin aangestel om `n verskil te maak waar jy ook al gaan! Wanneer jy geroep is vir `n sekere taak in die liggaam van Christus en jy doen dit nie; sal jy jouself skade aandoen en ander sal aangestel word om die werk te doen; en jy sal loon verloor.
1 Tim.4: 14-16 Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
Jy sal jouself red as jy doen waarvoor jy geroep is! Die word “red” in Grieks is: “Sozo” en dit beteken: Aan die lewe hou; beskerm en spaar. Deur gehoorsaam te wees en om jou roeping uit te leef sal jy jouself red en beskerm asook jou geestelike lewe instand hou!
Die eerste stap is om vas te stel wat jou roeping is en aktief deel daarvan word. Moenie probeer doen waarvoor jy nie geroep is nie, jy sal jouself asook die koninkryk van God skade aandoen. Wees jouself en doen waarvoor jy geroep is!
God het `n roeping op alle mense wat Hom gehoorsaam volg geplaas, jy is nie gered om alleen hemel toe te gaan, maar om ander saam met jou te neem.
Om jou roeping te bepaal: Wanneer God jou geroep het om deel van God se koninkryk te wees het Hy jou roeping in jou geplaas. Doen dit wat jy voel jy wil doen, of dit wat jy graag wil doen. Die Heilige Gees sal in jou `n begeerte plaas wat jy voel jy moet doen.
Indien jy nog onseker is kan jy jou roeping bepaal deur te gaan na: “Bepaal jou bediening” gaan of jy kan ook deur “Bedieninge in die gemeente werk”
Net om jou te help wil ek Eségiël se roeping met jou deel:
Eségiël was opgelei om as priester diens te doen in die tempel. Maar God het hom geroep as `n profeet vir Israel in Babilon. Die priester doen werk vir God in die tempel; Die profeet is God se stem vir die volk!
Wanneer God ons roep vir `n taak tree ons nie op met ons vermoë en krag nie; die Heilige Gees in ons werk deur Sy krag! Eségiël moes opgestaan het soos `n dienskneg voor sy meester op opdragte te ontvang; hy moet gereed wees om die opdragte uit te voer!
Esg.1:2-3 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het. Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
Hoe weet ek wanneer die Heilige Gees met my praat? Wanneer dit van jouself af kom, sal dit nie konstant bly nie, jou begeerte sal verander. Wanneer 'n prediker jou beïndruk, sal jy daarvan hou om soos hy te wees, wanneer jy iemand sien profeteer, sal jy daarvan hou om dit te doen, as jy iemand sien wat iets doen wat jou beïndruk, sal jy dit ook wil doen. Wanneer die Heilige Gees met jou praat, sal jy die drang voel om iets te doen; dit sal dieselfde bly en net sterker word maar nie verander nie, moenie dinge doen wat jou 'n beter mens maak of om ander te beïndruk nie, doen waarvoor God jou geroep het dit maak nie saak of dit groot of klein is nie, gehoorsaamheid aan God se opdrag is belangrik. Die Heilige Gees het ook in my gepraat en ek het baie teenstand gekry, maar ek kon nie daarvan wegkom of dit uit my lewe uitskakel nie, want dit het sterker geword totdat ek gehoorsaam was. Jona het probeer om nie te doen waarvoor God hom geroep het nie. Lees die verhaal van Jona in jou Bybel.
Daar is koortjies wat die Here op my hart geplaas het dit het my bemoedig om aan te hou.
“I will follow him
Follow him, wherever he may go
There isn't an ocean too deep
A mountain so high it can keep me away”
“I love Him too much to fail Him now.
Too much to break my vow.
For I promised the Lord that I would make it somehow
And now I love Him too much to fail Him now.”
Esg.1: 7-8 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig. Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
Wanneer God vir jou 'n taak gee, doen jy dit nie om persoonlike sukses te behaal nie; maar om God te gehoorsaam! Dit gaan ook nie mense beïndruk om God te gehoorsaam nie. Wanneer jy 'n roeping van God het; jy moet nie vrees wat mense aan jou sê of doen nie; jy is onder God se beskerming!
God sal jou nie bring waaruit Hy jou nie kan lei nie.
Dit is belangrik om altyd deur die Heilige Gees gelei te word in alles wat jy doen. Daarom is gebed baie belangrik, jy moet gereeld bid. Bybelkennis in baie belangrik jy kan nie op jou eie optree nie. Hoe meer Bybelkennis jy het, hoe meer kan die Heilige Gees deur jou werk. Jou sukses hang af van jou verhouding met Jesus, nie van wie jy is nie, maar van wie jy in Christus is!
Rom.8: 11-14 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Wanneer jy mense leer bly by die Woord en moenie daarby voeg op verander nie.
Jesus het ook nie Sy eie wil toegepas nie:
Joh 5:30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
2Tim 4:1-6 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
Ons kan so maklik mense oordeel wat mense verhinder om Jesus te dien, omdat hulle voel dat Jesus hulle sal verwerp. Liefde trek mense, wanneer jy wys dat jy omgee en verstaan waardeur hulle gaan.
Joh 3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Rom 5:6-8 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Werk ook deur “Grond beginsels” in hierdie lesing. Dit sal jou help om ander te verstaan om hulle na Jesus te lei.
Onthou altyd dat jy sal rekenskap moet gee vir jou werke by die regterstoel:
2 Kor 5:9-10 Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Kwalifikasie van mense wat geroep is om vir God diens te doen in die gemeente:
1Tim 3:1-7 Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk. ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra? Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie. Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
- Maak dissipels van al die nasies,
- Doop hulle die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
- Leer hulle alles te onderhou