Gebed en Intersesie
Is dit nodig om gereeld te bid?
Sonder kommunikasie kan geen verhouding gebou word nie!
Jesus, die Seun van God en Skepper van alles wat bestaan, het dit nodig gevind om te bid.
Jesus het gevas en gebid en vir ons 'n voorbeeld gestel.
Mat 4:1-2 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
Luk 6:12 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
Luk 22:39-41 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
Luk 21:36-37 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
Mar 1:35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid.
Luk 4:42 En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na ‘n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.
Gebed is om kontak en maak met die Lewende God. Dit is jou keuse om met God te lewe of sonder Hom. Mense wat nie komminikeer met God wanneer hulle geen verhouding met God het nie.
Jak 4:2 Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
Luk 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Baie mense probeer om sonder gebed en sonder God deur die lewe te gaan, terwyl die Skepper van die mens hulle wil lei. Die eerste stap om uit hierdie onvolmaakte lewe te kom is:
Mat 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Sonder Jesus is jy sonder hoop. Gebed gaan deur Jesus na die Vader, wanneer jy God se koninkryk gevind het, en Jesus aangeneem het. Kan jy deur Jesus na God die Vader gaan.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Wanneer ons bid, moet ons in die Naam van Jesus bid, sodat die Vader en die Seun verheerlik kan word wanneer ons gebede geantwoord word!
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Joh 15:4-7 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Sonder Christus is ons verlore, Daarom moet ons in Hom bly en Sy woord gehoorsaam sodat ons gebede verhoor kan word. Moenie probeer om mense te beïndruk met pragtige gebedswoorde nie, en gebruik ook nie gebed om vir ander te preek wat na jou gebed luister nie. Gebed moet na God gaan en nie na mense nie, want jy wil hê God moet jou gebede hoor en nie mense nie.
Mat 6:5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
Gebed is `n gesprek tussen jou en God.
Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Al is jy alleen, Jesus hoor jou gebed. Selfs wanneer jy in jou gedagtes met Hom praat luister Jesus. Jesus kan nie verander nie, en sal nie belowe een nie nakom nie. Dit is so wonderlik om te weet hoe naby weerklik aan ons is!
Prof WJ Hattingh
Jy sal twee foute in hierdie wêreld maak, en selfs soos ek jou vandag sê; sal jy aanhou om dit te maak. Jy sal eers die volle waarheid besef wanneer jy Jesus eendag van aangesig tot aangesig sien. Die twee foute is:
1 Jou onderskatting van God se grootheid - Hy is groter as wat jy jou kan voorstel - en jy sal dus met die verkeerde feite oor God werk - wat 'n skande.
2 Jy sal ook God se nabyheid en Sy liefdevolle betrokkenheid in jou lewe onderskat. God is nader aan jou as wat jy kan dink. Die Heilige Gees se betrokkenheid en Sy werk in jou is meer as wat jy besef. Daarom sal jy deur die lewe gaan met 'n gebrek aan geloof en begrip van God se betrokkenheid en nabyheid.
Mat 6:7-8 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Jesus, ken ons so goed dat Hy weet wat ons Hom gaan vra voordat ons vra. Hy weet wat ons nodig het! Dit is nie nodig om Sy aandag te trek deur te skree of uit te roep totdat Hy jou hoor nie. Ons aanbid 'n lewende God wat altyd by ons is. Die Baälpriesters het uitgeroep na hulle na god wat nie bestaan nie, en hy kon nie hulle gebede verhoor nie.
1Kon 18:27-29 En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het. En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.
Voordat ons na die Onse Vader gebed kyk moet ons besef:

Wanneer ons Bid Onse Vader moet ons deur Jesus die Vader aanbid! Jy kan nie die onse Vader bid as jy nie `n verhouding met Jesus het nie!
Joh 14:12-13 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Joh 15:7-8 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Die onse Vader gebed gaan oor wie die Vader is, asook wie jy in Christus is!
Jesus het ons geleer hoe om te bid:
Onse Vader wat in die hemele is.
Wie is die Vader wat jy aanbid?
Hy is God bo alles en almal, en kan met niemand vergelyk word nie. Hy word genoem Vader omdat alles deur Hom ontstaan het. Hy is die Oue van dae.
Dan.7:9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Deur Hom bestaan alles, Hy is Almagtig en bestaan vir ewig. Daar is geen begin en einde aan Sy heerskappy nie. Hy is 'n verterende vuur en ons kan weens sonde nie voor Hom verskyn nie. Daarom kan ons net deur Jesus na Hom toe gaan.
Psa 18:13-14 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole. En die HERE (Jehovah: self Existent) het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
Psa 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
Alhoewel Hy geweldig groot en Almagtig is, het Hy die mensekinders so liefgehad dat Hy Jesus gestuur het om die sondes van mense te dra, sodat hulle met Hom versoen kon word.
Het jy Jesus aangeneem as jou Verlosser? Jesus is die enigste weg na die Vader, en slegs deur Jesus kan jy bid: Onse Vader
Laat u Naam geheilig word;
God is Heilig, Sy werke verkondig Sy Almag en heerlikheid, Sy dade verkondig Sy wysheid en Sy liefde vir mense. Die mense wat Hom dien en verteenwoordig in die wêreld moet Sy naam Heilig maak, deur hul vrees en repek vir Hom.
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Ons leef in `n wêreld waar God en Jesus se Naam vir die meeste mense slegs `n vloek woord is. Mense weet nie werklik wie God is nie, en besef nie hoe Heilig Hy is nie. Mense wat Jesus volg moet die mense in die sondige wêreld oortuig van God Heiligheid en Sy liefde; deur die voorbeeld wat hulle stel en deur hul vrees, respek en gehoorsaamheid aan hul Verlosser. Mense wat God nie ken nie, kyk na die mense wat Jesus aangeneem het, hulle optrede en voorbeeld bepaal die beeld wat die wêreld van God het. Die kennis en erkenning van God se heerlikheid word deur Jesus se volgelinge in die wêreld versprei. God word geheilig deur die houding en optrede van die mense wat Hom liefhet en volg, wat Sy Woord eer en hulle aan Sy wil onderwerp. Mense in die wêreld lees nie die Bybel nie maar hulle lees God se kinders! Die Vader en Jesus se heiligheid word bewys deur die heilige lewe van God se kinders; deur hulle houding teenoor Hom, en Sy skepping, asook hul liefde ondermekaar en hul liefde vir die sondaars vir wie Jesus Sy lewe opgeoffer het.
Maak jou lewe God se naam Heilig deur jou leefwyse? God se Naam is belangrik vir Hom soos jou naam vir jou is!
Jes 48:9-11 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie. Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende. Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
Laat u koninkryk Kom.
Laat die koninkryk eerste in jou lewe kom sodat die mense wat nie weet van God se koninkryk nie dit kan sien en ervaar. God se koninkryk is nie van die wêreld nie, en verskil van die koninkryke van die wêreld. Wanneer die koninkryk van God is jou lewe kom verander jou lewe om in te pas in God se Koninkryk! Ons is geskape na God beeld en gelykenis en ons moet terug keer na die beeld en gelykenis van God. Die koninkryk van God is die morele en geestelike koninkryk wat God van genade in hierdie gevalle wêreld wil oprig, deur Sy volglinge hulle wat hulself aan God onderwerp en deur Sy genadige septer aanvaar is. Jesus is die enigste deur na die koninkryk van God. Jesus Christus wat die Messias is het die sigbare koninkryk gevestig. Jesus is die Woord wat van die Vader kom om die weg na die koninkryk aan te dui. Sy dood het diep fondamente in die koninkryk gelê. Hy het opgevaar na Sy Vader en ons Vader sodat Hy vir ons die Heilige Gees kon stuur. Die Pinkster-uitstorting van die Heilige Gees, het geestelike gawes aan die mense wat Hom dien gegee, sodat mense die gawes kan gebruik om God se Koninkryk op te rig, nie deur hul vermoë nie maar deur die Krag van die Heilige Gees. Sodat die Here God in hulle gesien kan word, en dat Jesus onder hulle kan woon. Die ewige koninkryk van ons God die Vader en Verlosser, Jesus Christus"
1Pet 1:10-12 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
"Laat u koninkryk kom, in my lewe en die lewe van verlore mense" Dit strek onweerstaanbaar onder die vleuels van geloof, en verlange en vreugdevolle verwagting na die finale en heerlike voleinding van die koninkryk van God. Hoeveel mense het deur jou die Koninkryk van God gevind?
Wanneer God se Koninkryk 'n werklikheid in jou lewe geword het, is jy nie meer van die wêreld nie, en kan jy nie soos die mense van die wêreld lewe nie, want jy verteenwoordig God se Koninkryk in 'n gevalle en sondige wêreld!
Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Laat U wil my wil wees, sodat U alles in my lewe word, en ek slegs vir U lewe. Sodat ek my roeping kan uitleef, soos U dit beplan dit voor die grondleging van die aarde. Dit is wonderlik dat U my lewe beheer en dat die Almagtige God altyd by my en in my is! Wanneer die Skepper se liefde `n werklikheid in jou lewe word het, en jy werklik besef wat Hy vir jou opgeoffer het. Jy is nie meer deel van hierdie wêreld nie, maar deel van God se Koninkryk. God bestuur alles deur Sy wil; wanneer jy in Sy wil is, sal jy inpas in Sy plan vir my lewe! Hy is God en bly in beheer. Volmaakte vrede, sal jou deur die lewe se stroms dra omdat jy in Sy wil leef. Waar Jesus is, is daar vrede en hoop nie soos hierdie wêreld nie. Om deel van God se wil is, om een met Hom te word. Dit is wanneer die hemel in jou lewe `n werklikheid geword het.
Psa 103:19-22 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
Om in God se wil te lewe moet jy uit jou wil beweeg!
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Die woord brood dui hier ongetwyfeld op alles wat nodig is om die lewe te onderhou. Dit impliseer ons afhanklikheid van God vir die voorsiening van ons behoeftes. Aangesien ons elke dag van God afhanklik is, moet ons elke dag in Sy wil lewe. Dan is God jou brood waarsonder jy nie kan leef nie! Jy sal dan elke dag aan Sy tafel sit om jou te versadig met Sy Woord en elke dag en in Sy teenwoordigheid wees, in jou afsondering by Hom!
Pre 30:8-9 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
Joh 6:32-35 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
Geen gebed van sterflike mense kan nie volledig wees sonder belydenis van sonde nie. Gebed wat nie om vergifnis soek nie, sal misluk, soos die Fariseër se gebed.
Luk 18:11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
Laat trotse manne roem soos hulle wil, hulle wat in Christus se koninkryk is sal altyd bid, "Vergewe ons skulde." Onse Here het geweet dat ons swak is en dat daar sonde in ons lewe is, dit gebeur so maklik in ons gedagtes wat mense nie hoor nie maar God wel kan hoor! Daarom moet ons in al ons gebede vra: “Vergewe ons! Mense wat die Jesus vrygespreek het is nog nie volmaak sonder sonde is nie! Geen mens mag 'n dag laat verbygaan sonder om te bid “Vergewe my” nie; in jou gebed moet hy nie jou mede-sondaars vergeet nie, tree vir mekaar in “Here, ek vergewe die mense wat teen my gesondig het.” Net soos jy wil hê God jou moet vergewe moet jy die mense vergewe wat teen jou gesondig het! Vergewe beteken om al die skuld af te skryf asof die nooit bestaan het nie; vergewe be vergeet!
Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
Heb 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
Lei ons nie in versoeking nie,
Lei ons nie in versoeking nie. Die gedagte is dat God ons kan bewaar van versoekings wat ons kan laat dwaal. Geen mens kan hierdie woorde bid wat nie uit versoeking probeer bly nie.
Die proses van versoeking is dikwels soos volg:
1ste. 'n Eenvoudige bose gedagte.
2de. 'n Sterk verbeelding, wat jou siening beinvloed.
3de. Geniet dit om dit te bekyk; om toe te laat dat die verkeerde dinge wat jy aanskou en hoor jou beheer. Vul Vernuwe jou lewe:
Kol 3:1-2 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Maak seker dat die sorge van dit lewe nie jou besig hou dat daar nie vir God plek is nie!
4de. Toestemming van die jou vleeslike begeertes te beverdig.
Weerstaan jou vleeslike begeertes, wat sonde en die dood voordbring.
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Ons bid dat God ons sal help sodat ons begeertes ons nie sal lei om te sondig nie!
Psa 141:4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.
Maar verlos ons van die Bose
Beskerm ons teen bose mense en bose geeste wat ons in versoeking lei; mense wat onbeskof en skinder wat sleg praat van ander en van jou, wat kan veroorsaak dat jy in die strik van die bose gevang word sodat ek sondig.
Judas 1:24-25 Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Die gebed sluit af met erkenning dat God in beheer is en dat alle mag; krag en heerlikheid aan Hom tot in ewigheid behoort.
Intersesie.
Dit is belangrik dat ons bly mekaar staan en vir mekaar intree.
Gal 6:1-2 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
Die Heilige Gees tree in vir ons.
Rom. 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Jesus tree in vir ons.
Rom.8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
Ons wat sterk is, is verplig:
Rom 15:1-3 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
Bid vir mekaar
Jas 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
God het Job se gebede geantwoord nadat hy vir sy vriende gebid het, al het hulle nie altyd goed van hom gepraat nie.
Job 42:10 En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
Efe 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Hou aan bid totdat God antwoord, gebed is die deur na God en geloof die sleutel wat die deur oopmaak.
Mat 15:22-28 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Luk 18:37 En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
Saai saad wat vir jou opbreng sal verseker:
Hos 10:12 Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.
Amp (vertaal) Saai met die oog op geregtigheid [sodat geregtigheid, soos saad, kan ontkiem]; Maai in ooreenstemming met barmhartigheid en goedertierenheid. Breek jou onbewerkte grond op, Want dit is tyd om die Here te soek en te soek [en om na sy seën te smag]
Jer 12:13 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.
Houding bepaal die krag van geloof
2Pet 1:5-9 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. OV
Alle sonde en ongehoorsaamheid skep struikelblokke vir gebedsantwoorde.
Jak 4:8-10 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog OV
Job 22:23-27 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou. Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef. Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
Houding tydens gebed
Jes 57:15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde (dakkâ: crushed),en nederige (shâlpâl: depressed) van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges (shâlpâl: depressed) en te laat herlewe die hart van die verbryseldes (dakkâ: crushed),
Is jy bereid om jouself voor God te verootmoedig,
2 Kron 7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig (kâna: om laag voor God te buig,; om jou voor God te verneder) en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
Verstaan gebed en waaroor dit gaan
Wanneer die eer van die Vader die doel van elke gebed is. Wanneer ons Hoëpriester voor die troon in die hemel, ons gebed plaas. Wanneer die Gees die vraag vra. Wanneer die wagtende hart glo: Dan weet ons van elke petisie elkeen wat vra, ontvang. Onbekende Skrywer.
Jes 41:10-14 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.