Geestelike oorlogvoering
Daar is soveel oorlog en bakleiery in die wêreld dat mens nie meer van geestelike oorlog wil hoor nie; wil net die Here dien en in vrede lewe.
Satan is die oorsaak van al die ellende en oorloë in die wêreld. Of ons nou wil oorlog maak of nie, ons is almal deel van 'n geestelike oorlog.
Satan is 'n moordenaar en verwoes mense se lewens, hy is 'n rebel wat teen God opstaan en veral teen kinders van die Here, want hulle is na God se beeld gemaak. Hy sal selfs die mense aanval wat hom volg en aanbid.
Ons is deel van hierdie bose wêreld en ons vleeslike begeertes; wat ons deur die lewe opgetel het beheer ons. Met geestelike oorlog kan ons daarteen opstaan en ons natuur vervang met God se natuur.
Gal 5:16-18 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
Rom 7: 13-16 Hoe is dit dan moontlik dat iets wat so goed is vir my die dood bring? Is dit die wet se skuld dat ek in die mag van die dood is? Natuurlik nie. Dit is die sonde se skuld. Sonde het ook die goeie wet in sy slegte kloue beetgekry. Daarom sit ek nou in hierdie gemors. Die wet maak net van my ’n nog groter sondaar omdat ek dit nie kan gehoorsaam nie. Die wet sê vir my wat sonde is, maar keer my glad nie om dit te doen nie. Hoe tragies dat juis die wet moet wys hoe groot die mag van die sonde regtig is. Die wet kom van God af. Maar ek wat dit moet probeer gehoorsaam, is ’n sondaar. Ek is soos ’n slaaf aan die verskriklike mag van die sonde uitverkoop. Ek kan nie verklaar hoekom ek sonde doen nie. Want ek wil dit nie doen nie. Tog doen ek dinge wat ek met my hele wese haat. Juis om hierdie rede is die wet nodig en goed. Dit wys immers vir my dat die lelike dinge wat ek doen, verkeerd is. Dis teen God se wil. (Die Boodskap)
Satan is `n rebel wat teen God is.
Esg 28:13-16 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!
Jes 14:9-15 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan. Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
Daar is baie wat God en Sy Woord nie glo nie, omdat God nie hulle Vader is nie.
Joh 8:43-45 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
Die plan van die duiwel is om die mens teen God te draai sodat hulle duiwels sal glo en volg. Satan is `n moordenaar van die begin af; sy eerste taak was om die mens in sy mag te kry deur God `n leuenaar te maak. Deur hul gehoorsaamheid aan Satan het die dood en moeite na alle mense op aarde deurgedring.
Rom 5:1 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het
Daar is geen waarheid in Satan nie, leuens kom van hom en hy die vader daarvan; alles wat sleg is kom van hom. Hy het die eerste leuen in Eden uitgespreek, deur die waarheid van God se woord te verdraai.
1Joh 4:6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
Hy is vandag nog besig om mense teen God te draai sodat hulle duiwels sal glo, en aan God twyfel. Dit is hoekom Christene reg deur die wêreld vervolg en dood gemaak word.
Heb 11:37-40 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel— die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
Skep jy `n geleenheid vir die bose om in jou lewe te kom?
Adam & Eva het die deur oop gemaak vir Satan wat die dood en verwoesting in die wêreld ingebring het.
Gen 3:1-17 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie--vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Satan se metode is nog steeds dieselfde met leuens, hy bedrieg mense, sodat hy hul lewens kan verwoes, hy is 'n moordenaar en as jy 'n deur in jou lewe vir hom oopmaak, sal hy jou lewe verwoes met sy leuens.
Wat maak jou lewens deur vir die bose oop?
1 Sondes wat jy doen, (ongehoorsaamheid aan God) Satan sal vir jou sê dat dit nie verkeerd is nie; jy kan dit maar probeer. Wie glo jy die duiwel of God se Woord. Hy sal self `n gedeelte van skrif gebuik sodat jy hom glo.
Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
2 Onvergewensgesindheid, Satan sal jou met sy leuens so beinvloed dat jy saam met hom stem dat die mense wat jou teen jou gesondig het, gestraf moet word. So beheer die bose en verhard jou hart. Wanneer jy nie vergewe nie bly jy `n gevangene van jou wraak.
Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
3 Ongehoorsaamheid aan God, die bose sal jou so beinvloed dat jy sy leuens bo God se waarheid plaas, dink jy werklik dit is nodig om God te glo terwyl jy kan doen wat jy wil?
2Kor 10:3-6 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
4 Satan sal jou probeer oortuig dat dit moeilik is om God te dien en dat jy dit nie sal kan volhou nie, Hy het dit met my probeer en gesê dat God my nie sal vergewe nie en dat ek weer sal terug keer na my ou sondige lewe. Hy is `n leuenaar ek dien Jesus nou al vir baie jare en met die Heilige Gees se krag bly ek by Jesus en het geen begeerte om terug te keer na my ou lewe nie. Satan het Eva gevang en haar oortuig met sy leuens, dat hy meer weet as God en dat God nie die waarheid praat nie. Wees wakker dat hy jou nie met sy leuens van nie!
Gen 3:4-5 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Hy sal ook beweer dat jy geen sonde het nie, en reg is soos jy is.
1Joh 1:8-10 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
5 Wees versigtig dat jy nie die bose in jou lewe toelaat en veroorsaak dat jy in God twyfel nie. Hy sal jou oortuig sodat jy sal twyfel aan God se Woord en God se beloftes.
2Kor 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
6 Hy sal jou vleeslike begeerstes gebruik om te sondig.
Kol 3:5-6 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
Die nuutste lokval van die bose is dat kinders nou kan besluit watter geslag hulle is. Mense is ontevrede hoe God hulle geskape het, en probeer om hulself te verander.
Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
Rom 1:22-27 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
7 Om bose bonatuurlikes te nader vir raad en hulp. Waarom gaan jy na die duiwel wat jou nie liefhet nie, en nie na jou Skepper wat jou liefhet nie?
Mense wat eerder geeste oproep deur “glasie glasie” en ander metodes, hulle glo eerder in die bose as aan God!
Jes 8:19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Voortekens en fortein vertellers
Mense gaan na Fortuin vertellers of kyk na wat die sterre voorspel, op TV verhale glo hulle dat die “Universe” hulle lewens beheer en nie God nie.
Deu 18:10-13 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die HERE jou God.
1Kron 10:13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van ‘n afgestorwene om inligting gevra het, maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.
Pred 9:5-6 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Daar is ook vandag baie afgode in die lewe in mense wat hulle bewustelik en onbewustelik beheer; alles wat belangriker is as God in hulle lewe is, waarsonder hulle nie kan klaarkom nie, is afgode.
Lev 19:4 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.
Aborsie
Lev 20:4-6 En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie, dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit. En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit. (Molog was `n afgod wat kinders dood gemaak het, het molog die plek van Aborsies ingeneem?)
Kyk jy waar jy ingedeel is in die sterre, en lees jy dit om te sien wat vir jou wag?
Jes 47:13-14 Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red—die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom. Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie—dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!
Moontlik dink jy die was slegs in die Ou Testament en nie deel van die Nuwe Testament nie.
2Thess 2:7-12 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Die duiwel se drie eenheid is die Satan, valse profeet en die antichris
1Joh 4:1-3 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
Openb.19:20 En die dier is gevange geneem (antichris), en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Jaag jy rykdom na omdat jy dink dit sal jou gelukkig maak, deur te begeer en te neem wat nie joune is nie.
Spr 23:4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.
Heb 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
1Tim 6:9-10 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
Dink jy dat die geluksgod jou finansieel kan help? Baie mense het alles verloor met dobbel omdat hulle aanhou totdat hulle niks oor het nie.
Jes 65:11-12 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot—Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.
Christus het gekom om ons te verlos van die mag wat die duiwel oor ons het. God is groter as die bose en het die stryd vir ons op Golgota gewen!
Heb 2:14-16 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het
1Kor 15:21-22 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
Deur Christus kan ons, ons ou sondige mens begrawe en weer gebore word en bevry kan word van die mag en aanklag van Satan.
1Pet 1:3-4 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
Vleeslike begeertes
Omdat ons deel van hierdie bose wêreld is, beheer ons vleeslike begeertes ons, en moet ons natuur vervang met God se natuur.
Gal 5:16-18 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
2Pet 1:3-4 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.