DIE HEILIGE GEES
God bestaan uit drie Persone wat saam as `n span werk. Hulle was aldrie daar toe die mens geskape was; en werk ook saam, om mense weer gereed te kry vir die ewige lewe!
God die Vader wat die Hoof is het Sy seun Jesus gestuur, om vir die mens se sondes te betaal en `n weg te skep vir die mens terug na God. Jesus het die Heilige Gees gestuur, om die mens te leer en die volle waarheid vir die mens te openbaar. In die ou Testament het die Heilige Gees op die mense vaardig geword; dit is waar die wysheid van Salomo en die krag van Simson gekom het. In die nuwe Testament het Jesus die weg geopen wat toelaat dat die Heilige Gees nie meer oor mense vaardig word nie maar in die mens woon.
Die Heilige Gees leef soos God die Vader en Jesus van ewigheid tot allerewigheid sonder begin en sonder einde.
Heb.9:13-14 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
Die Heilige Gees was daar voor die aarde geskep was.
Gen.1:1-2 IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Die Heilige Gees was ook daar toe die mens geskappe is:
Job 33:4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend
The Holy Spirit was also there when man was created:
As iemand nie die Heilige Gees het nie; kan hy/sy nie gered word nie!
Rom.8:8-9 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
Slegs die mense wat deur die Heilige Gees gelei word is kindes van God.
Rom.8: 11-14 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Die Heilige Gees sal ook getuig, vir of teen jou, want Hy weet wat is die mens is:
1Kor 2:10-11 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
1Joh.5:7-8 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
Nie almal kan die Heilige Gees ontvang nie:
Joh 14:16-17 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Die mense wat nie ingestel is vir die geestelike nie; maar selfs bewus is van die vleeslike; kan nie die Heilige Gees ontvang nie; omdat hulle Hom nie ken nie; en ook nie Sy werke sien nie. Dit help nie jy glo dat daar `n Heilige Gees is maar nie in Sy werke glo nie!
Wanneer die Heilige Gees met jou praat en jy gee nie gehoor aan Hom nie:
Hand 7:51-53 Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het; julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!
Die Heilige Gees bevesting dat jy `n kind van God is
Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
Ons sal ook nie die volle waarheid van God se bestaan verstaan sonder die Heilige Gees nie:
Joh 16:12-13 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Mat 16:16-17 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Eenheid of span werk is belangrik in God se werk, almal het `n taak en een taak is nie meer belangrik as die ander nie.
1Kor 12:12-27 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
Efe.4:4-5 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
Persoonlike eienskappe van die Heilige Gees:
Hy word bedroef wanneer jy jou teen ander mense optree.
Efe 4:30-31 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
Die Heilige Gees het `n Liggaam
Ese 8:1-3 En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here HERE daar op my geval. Ek kyk toe—en daar was ‘n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos ‘n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het. Toe steek Hy iets uit wat die vorm van ‘n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek
Jesus het voor Sy hemelvaart vir ons ‘n ander Trooster belowe. Die Trooster is die Heilige Gees. Die woord trooster in die oorspronklike taal waarin die Nuwe-Testament geskryf is, wat Grieks is, is “Parakletos” Dit beteken “ingeroep vir hulp of Advokaat” Die Gees van God; die Gees van Christus en die Heilige Gees is een en die selfde Gees. Die Heilige Gees is die ander Trooster wat Jesus se plek inneem in die wêreld.
Joh.16: 7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
Laster teen die Heilige Gees
Hoewel Jesus Homself verneder het en mens geword het, is die Heilige Gees God; Hy is in Sy Goddelike krag en vorm op aarde. Daarom mag ons nie teen Hom sondig en met die Heilige Gees se genade spot nie:
Luk 12:10 En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster (blaspheme; to speak evil) het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.
Mar. 3:28-30 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
Vrees God, vrees die Heilige Gees want Hy is God! Vrees beteken dat jy onsag het vir God, wetende dat Hy `n verterende vuur is. As jy respek het vir vuur sal jy nie daar mee spot en maak of dit niks aan jou kan doen nie!
Die Simbole van die Heilige Gees
Vuur;
Mat 3:11-12 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
Die Heilige Gees suiwer ons van die ongeregtigheid, en openbaar sonde in ons lewe, dit laat jou ongemaklik voel en brand in jou totdat jy daarmee breek; Hy laat ons ook ongemaklik voel wanneer ons op verkeerde plekke is, dit voel asof ons brand om uit die plek kom. Hy steek ook `n vuur in ons binneste aan om met mense te deel en die evangelie uit te dra.
Wind;
Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Wanneer die Heilige Gees in jou lewe kom verstaan jy nie altyd waarheen jy op pad is nie, en jy word ook nie deur jou eie wil beheer nie, maar die Heilge Gees stuur jou om God se plan vir jou lewe in vervuling te bring. Soos `n wind wat sy in eie weg gaan en nie beheer kan word nie, die rigting van die wind kan verander soos die Heilige Gees wil.
Water;
Joh 4:13-15 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Openb 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Die Heilige Gees in ons les ons dors, en ons het nie meer die plesier van ons sondige natuur nodig om die dors in ons lewe te bevredig nie. Hy vul ons met Sy heerlikheid. Die soektog na geluk en begeertes in die lewe word vervang deur Sy onuitputlike bron wat innerlike geluk wat uit ons lewe borrel.
Seël
2Kor 1:22-24 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het. Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ek om julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie— nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.
Die Heilige Gees is ons seël of bewys dat God ons as Sy kind aangeneem het. Hy is na ons gestuur om te bevestig dat God ons aangeneem het as Sy kinders. God skenk ons ook die Heilige Gees sodat Hy ons weer te verander na die beeld van God.
Rom 8:16-17 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Duif
Luk 3:21-23 En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae. En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,
Die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Jesus neergedaal; Net soos die duif vir Noag `n teken van nuwe lewe was, so bring die Heilige Gees `n nuwe verwagting in die lewe van `n mens! Die duif is `n teken van sagmoedigheid, liefde, getrouheid; nederigheid en liefde. Die Heilige Gees dwing Homself nie af op die mens nie; maar Hy is daar om die mens by te staan en te help. Hy is getrou en vol liefde.
Olie
1Joh 2:19-21 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. En julle het die salwing (chrisma) van die Heilige en weet alles. Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.
Act 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Chrisma beteken “what is rubbed on”
"Die salwing word deur die Heilige Gees gegee om die werk te verrig."
1Joh 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
"Die salwing is 'n bonatuurlike, goddelike bemagtiging"
Invuling of doop met die Heilige Gees
Jesus het die Sy dissipels opdrag gegee om eers na die bokammer te gaan en te wag vir die Heilige Gees. Nadat hulle hulself aan die Here toegewy en gebid het is hulle gevul met die Heilige Gees.
Net so moet ons die Here aanbid en wag dat ons gevul word met die Heilige Gees. Hoeveel mense sonder nog af en wag vir die Heilige Gees? Dit wil vir my voorkom asof die mense van vandag alles op `n skinkbord wil hê; en het nie werklik `n begeerte het om met die Heilige Gees vervul te word nie!
Die eerste vraag wat Paulus mense gevra het:
Hand.19:1-2 EN terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Efese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.
Die dissipels moes wag vir die doop met die Heilige Gees sodat hulle die werk van die Here kan doen.
Hand.1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Ons sal Die Heilige Gees ontvang as ons gehoorsaam is aan God:
Hand 5:32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Lukas 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Nadat die mense die Heilige Gees ontvang het; het ander ook begeer om die Heilige Gees te ontvang.
Hand.2: 37-39 TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
Hoe weet jy wanneer jy gevul word met die Heilige Gees? Dit kan nie plaasvind sonder dat jy daarvan weet nie! Jesus sê Hy doop ons met die Heilige Gees en vuur! Reg deur die boek van Handelige was daar tekens as mense gevul was met die Heilige Gees.
Hand.10: 44-48 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ’n paar dae te bly.
Hand.19: 3-6 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Markus skryf:
Markus 16:16-18 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Daar moet verseker tekens wees wanneer jy aangedoen word met die bonatuurlike krag van God!
Die Gawes van die Heilige Gees
Die gawes is geskenke wat ons van die Heilige Gees ontvang. Dit werk deur ons soos die Heilige Gees wil. Die gawes kan ons nie verdien nie. Die Heilige Gees kan toelaat dat die gawes deur ons werk tot Sy voordeel selfs as ons terugeval het. Die doel van die gawes is om die gemeente toe te rus. Die gawes is nie `n teken dat ons saak met God reg is nie. Die gawes is bonatuurlik en kom nie van `n mens nie, maar die Heilige Gees werk deur die mens om God se werk te bevorder, en nie om die mens te verhoog nie!
Mat 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Gawes en voorbeelde in die Bybel:
Al die gawes kom nie deur die vermoë van `n mens nie. Dit is van die Heilige Gees wat deur mense werk soos Hy wil.
Die Heilige Gees rus die kinders van God toe om God se werk op aarde te doen.
1Kor 12:1-11 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
‘n Woord van wysheid
Dit kom nie van die wysheid van `n mens nie. Dit is ‘n bonatuurlike openbaring of insig wat wysheid voortbring tot bevordering van God se werk.

‘n Woord van kennis
Dit is ‘n bonatuurlike openbaring van kennis, wat nodig is om die werk van die Here te doen.
Hand 5:1-5 Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ‘n eiendom verkoop, en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ‘n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
Onderskeiding van geeste.
Dit is ‘n bonatuurlike openbaring van insig en kennis in die geestes wêreld, om geeste te onderskei en hulle planne te openbaar, asook om die gedagtes van mense te onderskei.
Hand.13:6-11 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus. Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor. Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
Geloof
Dit is ‘n bonatuurlike geloof wat op God vertrou sonder om te twyfel, sonder ongeloof wat positief op God gerig is vir ‘n Goddelike ingryping ten spyte van die omstandighede en probleme.
Mat 15:23-28 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Genadegawes van gesondmaking
Dit is ‘n bonatuurlike krag om enige sieke gesond te maak sonder die gebruik van menslike geneesmiddels of menslike hulp. Ons bid vir mense en God genees mense.
Hand 3:3-8 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ‘n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.
Hand 3:11-12 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s’n genoem word. En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
Hand 3:16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
Werking van kragte
Dit is die bonatuurlike krag om in te gryp en die natuur wette, en dit te verander deur wonderwerke te bewerkstellig as dit nodig geag word.
Hand 16:23-26 En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak. Hy het toe, omdat hy so ‘n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak. En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
Profesie
Dit is ‘n woord van God wat deur `n mens gespreek word; sonder dat dit van sy kennis en wete kom!
2Pet 1:20-21 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
Mat 7:15-16 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
Luk 1:67-76 En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het, en ‘n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg— soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af— redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat, om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink, aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe. En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
Allerhande tale
Dit is bonatuurlike uiting in ander tale wat nie bekend is aan die spreker nie.
Hand 2:3-12 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
Uitleg van tale
Die is bonatuurlike vermoë om tale uit te lê. Dit is nie ‘n vertaling van ‘n taal nie maar die uitleg daarvan. Die Heilige Gees gee vir een `n taal en vir `n ander die uitleg.
1Kor 14:27-33 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.