WEDERGEBOORTE
Joh 3:3-5 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Joh 3:5-6 “Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe. Boodskap
Nikodemus se vraag het meriete: Geen mens kan wedergebore word tensy hulle eers sterf en dan in 'n nuwe lewe gebore word nie, jy kan nie twee keer in een lewe gebore word nie!
Aangesien die natuurlike mens, hoe begaafd, moreel of gelouter ook al, absoluut blind is vir geestelike waarheid en magteloos is om die koninkryk van God binne te gaan, Daarom is 'n wedergeboorte deur Christus, as die kanaal en die Heilige Gees as die krag, 'n absolute noodsaaklikheid. Die hemel is 'n voorbereide plek vir 'n voorbereide volk.
Die enigste weg na God die Vader is deur. Jesus.
Om wedergebore te word beteken om 'n nuwe lewe te begin met jou verhouding met God; om jou manier van dink, voel en optree te verander, met geestelike dinge wat ’n fundamentele en permanente omwenteling meebring.
Ef 5:5 Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
Luk 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
In Johannes se Evangelie sê Jesus vir Nikodemus dat hy uit water en Gees gebore moet word (Joh. 3:5), en dat alles wat uit die Gees gebore is Gees is.
Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Sy taal sinspeel waarskynlik op Esegiël 36:25–27, waar God sy volk met suiwer water reinig en sy eie Gees in hulle plaas.
Esg 36:25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
Johannes praat van lewende water as simbool vir die Gees gebruik.
Joh 7:38-39 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Jesus doop met die Heilige Gees.
Joh 1:29-33 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ‘n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.
Bekering beteken; dui `n verandering van gedagtes van die vleeslike na die geestelike en om oop te wees om die Evangelie te ontvang en te aanvaar as die waarheid!
Die eerste stap is om te sterf vir sonde!
Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Wanneer ons sonde afgesterf het. (het weggedraai van sonde om dit nie meer te doen nie). Volg die begrafnis van die ou sondige mens.
Rom 6:4-6 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
1Kor 15:19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. (Wanneer ons net vir hierdie lewe leef sonder om saam met Jesus uit die dood op te staan)
1Kor 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
Het die besnydenis die doop vervang? (Kinderbesprenkeling)
Paulus praat van die besnydenis van die hart; dit kan nie met mensehande gedoen word nie; die besnydenis van die hart is om jou te bekeer en jou hart van sonde leeg te maak en dit te vul met God en Sy Woord sodat jy aan God gehoorsaam sal wees en nie aan jou ou sondige natuur nie!
Die besnydenis was vir die Jode 'n teken of jy aan Christus behoort of nie; 'n onbesnede persoon is as 'n heiden beskou. Die besnydenis het in die plek van bekering gekom.
Rom 2:25-26 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
Rom 2:25-26 If you follow the law, then your circumcision has meaning. But if you break the law, then it is as if you were never circumcised. Those who are not Jews are not circumcised. But if they do what the law says, it is as if they were circumcised.
Die nuwe geboorte beteken dat jy jou ou sondige lewe moet begrawe; jy moet daarvan wegbreek en jou ou sondige lewe wat deel was van jou menswees begrawe en opstaan in 'n nuwe lewe in Christus. Jesus self was vir ons die voorbeeld daarvan!
Jesus het nie sonde gehad nie maar Hy het die voorbeeld vir ons gelaat.
Mat 3:13-17 Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
Baie mense het na Johannes gekom sodat hy hulle kon doop maar Johannes het hulle vermaan:
Mat 3:5-6 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe. En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes. Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Dit is belangrik dat mense hulle eers moet bekeer voordat hulle gedoop word. Daar moet duidelike tekens wees dat die persoon hom bekeer het; weggedraai het van sonde!
Wanneer jy dan die vrugte van bekering dra moet die liggaam in water gedoop word.
Mat 3:8-12 Dra dan vrugte wat by die bekering pas. En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
Is daar `n groot doop? Nee Johannes het gesê: Ek doop julle wel met water tot bekering
Rom.6:1-6 WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet
gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Ou Vertaling,
Jy sien dit is belangrik dat jy breek met sonde! Nadat jy gedoop is, kan jy nie weer sondig nie; jy het jou sondes gesterf en hulle is begrawe!
Die doop is nie besprinkeling nie; dit moet in die water gedruk word; net soos mens nie grond op mense strooi nie maar die hele liggaam in die grond begrawe.
Die woord doop in Grieks beteken ook nie besprinkeling nie; maar om in water gedoop of in gedrink te word. Soos Jesus vir ons die voorbeeld gestel het! Paulus het ook dieselfde opdrag ontvang.
Hand.22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep
Die besprinkeling van kinders is in die 13de eeu deur die Roomse kerk ingestel volgens die ou Katkisasieboek wat in 1962 gedruk is op bladsy 264. Dit is nie Bybels nie, maar 'n menslike instelling.
Mar 7:7 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
Die doop en metode van die doop is nie deur `n kerk of geloof nie; maar `n opdrag van Jesus:
Matt.28: 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die volgorde is soos volg:
1 Maak dissipels; lei hulle om van sonde weg te draai; sodat hulle Jesus kan volg.
2 Doop hulle in die Naam van die Vader; die Seun en die Heilige Gees
3 Leer hulle sodat hulle gehoorsaam sal wees aan die Woord van Jesus.
Doop hulle in die Naam van die Vader sodat die Vader hulle as Sy kinders kan aanvaar. In die Naam van Jesus wat hulle vergewe het en die Heilige Gees sodat Hy hulle kan lei in die volle waarheid.
Is dit regtig nodig op gedoop te word?
Mark.16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
1Pet 1:3-4 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons.
Jy kan alleenlik oorbeweeg van `n vleeslike lewe na `n geestelike lewe deur die wedergeboorte!
Wanneer jy Jesus aanneem as jou Saligmaker is jy nie gered nie; maar jy het dan die mag om kind van God te word!
Joh.1:11-12 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Die wedergeboorte bestaan uit drie stappe:
- Bekering; Die afsterf van die ou sondige mens.
- Water; doop die begrafnis van die ou sondige mens.
- Om gevul te word met die Heilige Gees; om jou vleeslike begeertes te vervang met geestelike begeertes deur die Heilige Gees.
1Joh 5:6-8 Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
God die Vader sal erken dat Hy jou as Sy kind aangeneem het; Jesus sal getuig dat Sy bloed jou van sonde gereinig het en die Heilige Gees sal getuig dat jy Hom gehoorsaam het. Die water getuig dat jy gedoop is. Indien Hulle nie saamstem nie; kan jy nie by Hulle gaan inwoon nie en is jy verlore!
1Joh 5:18-19 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie. Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
Wanneer jy Jesus aanneem en Hom gehoorsaam; sal Hy in jou kom woning maak; let wel as jy Hom gehoorsaam! Dit is wanneer die Heilige Gees in jou kom woon.
Joh.14:23-24 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
Die verteenwoordiger van die Vader en Jesus is die Heilige Gees wat in jou kom woon; en as die Heilige Gees nie in jou is nie; dan is God ook nie in jou nie. Jou liggaam word dat die tempel waarin die Heilige Gees woon. Die Heilige Gees is heilig en kan nie in `n lewe leef van vol sonde is nie!
1 Kor.6:19-20 Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Die Heilige Gees sal jou lei sodat jy geestelik kan groei en gevorm word na die Beeld en gelykenis van God! God het ons geskape om soos Hy te wees; sonde het ons die natuur van hierdie bose wêreld gegee deur die wedergeboorte word ons herstel na die Beeld en gelykenis van God!
Joh.14:15-17 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Dit is baie belangrik dat die Heilige Gees in jou is en dat jy na Hom sal luister en gehoorsaam!
Rom.8:1-4 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want God het - wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees - deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Gehoorsaamheid aan die wet van God kan ons nie red nie; omdat almal gesondig het en sonde se straf die dood is.
Daarom het Jesus die straf van sonde op Hom geneem en vir ons gesterf op Golgota.
Rom 5:18-19 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
Wanneer ons dan in Christus weer gebore is en ons wandel volgens die leiding van die Heilige Gees is ons nie meer onder die vloek van sonde nie; ons is dan in Christus weer gebore en die dood het nie meer mag oor ons nie! Ons sal wel op aarde sterf; die dood sal slegs `n deur wees waardeur ons na die ewige lewe oor stap!
Gal 3:13-14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
Die Heilige Gees sal jou gees opwek sodat die wedergeboorte nie net uiterlike wees nie maar ook `n innerlike verandering:
Rom 8:3-7 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
Jy is eers kind van God as jy gehoorsaam is aan die Heilige Gees, nie as jy Hom slegs aan geneem het nie.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Kol 2:6-7 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.
Kol 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, (Tradisies) volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Kol 2:9-12 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
1Joh 5:1-5 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
Ken en leer die Woord van God sodat julle nie deur valse leering verlei word nie; bid gereëld en gehoorsaam die Heilige Gees sodat jy ook met Jesus uit die dood kan opstaan in die ewige lewe!
Om wedergebore te wees is om jou eie begeertes en belange te verlaat en Jesus onvoorwaarlik te volg!
Mar 8:34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Amplified Bible
34 Jesus called the crowd together with His disciples, and said to them, “If anyone wishes to follow Me [as My disciple], he must deny himself [set aside selfish interests], and [a]take up his cross [expressing a willingness to endure whatever may come] and follow Me [believing in Me, conforming to My example in living and, if need be, suffering or perhaps dying because of faith in Me]. 35 For whoever wishes to save his life [in this world] will [eventually] lose it [through death], but whoever loses his life [in this world] for My sake and the gospel’s will save it [from the consequences of sin and separation from God].
34Jesus het die skare saam met sy dissipels bymekaargeroep en vir hulle gesê: “As iemand My [as my dissipel] wil volg, moet hy homself verloën [selfsugtige belange tersyde stel] en sy kruis [a] opneem. bereidwilligheid om te verduur wat ook al mag kom] en My volg [in My te glo, in ooreenstemming met My voorbeeld in lewe en, indien nodig, lyding of dalk sterwe as gevolg van geloof in My]. 35 Want elkeen wat sy lewe [in hierdie wêreld] wil red, sal dit [uiteindelik] verloor [deur die dood], maar elkeen wat sy lewe [in hierdie wêreld] verloor ter wille van My en die evangelie, sal dit red [van die gevolge van sonde en skeiding van God].