Geloof
In Hebreërs 11, word geloof pragtig verduidelik. Dit staan bekend as die galery van geloofshelde!
Daar is gelowiges en ongelowiges.
Heb 3:12-13 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
Bose en ongelowige hart is iemand wat nie in God glo nie, wie se hart deur die bose beheer word.
Die aard van ongeloof is 'n afwyking van die lewende God; die wortel van alle afvalligheid is ontrouheid: wanneer mense deur hul vleeslige begeertes beheer word, en geestelik dood is!
Wanneer jy nie in God se bestaan glo nie, en twyfel of Jesus werklik vir sonde op aarde gesterf het, stel jy jouself oop vir onreg en word jy deur die bose beheer.
2Joh 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
As jy nie in God glo nie; wat glo jy?
Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
Die griekse woord vir geloof is: “pistis” wat beteken: morele oortuiging, betroubaar, waarborg en bewys.
Geloof is ons morele oortuiging dat wat ons glo sal plaasvind voor ons dit ervaar, omdat geloof ons waarborg is.
Heb 11:1 Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, 'n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. 2020 Vertaling
Heb 1-2 Die fundamentele feit van bestaan is dat hierdie vertroue in God, hierdie geloof, die vaste fondament is onder alles wat die lewe die moeite werd maak. Dit is ons handvatsel oor wat ons nie kan sien nie.
Die daad van geloof is wat ons voorvaders onderskei het, hulle bo die skare gestel het. (MSG Vertaal)
Wanneer geloof nie die fondasie is nie, sal ons verhouding met God verkrimmel!
Mat 7:26-27 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Geloof word nie bepaal wat jy sien nie, maar wat jy nie sien nie!
Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
Omdat ons glo, weet ons dat God die wêreld gemaak het deur net te sê dat dit daar moet wees, en dit was daar. Dit is nie gemaak uit iets wat ons kan sien nie. DB
Geloof is `n aksie wat in werke bewys word!
Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
1Joh 2:4-6 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
Geloof wat deur liefde werk.
Gal 5:5-6 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
Jas 2:14 Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
God se Woord werk deur mense wat glo:
1Thess 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van
God wat ook werk in julle wat glo.
Geloof het geen krag as dit nie deur liefde werk nie. Geloof, liefde en gehoorsaamheid is die bases waarop ons verhouding met Jesus bestaan! Wanneer jy in God se liefde vir jou twyfel, sal jy Hom nie gehoorsaam volg nie! Jou liefde vir God en God se liefde vir jou bind jou in `n eenheid met God!
Wanneer jy besef hoe lief Jesus jou het; sal jou geloof kragtig wees. Wanneer jy twyfel in Jesus se liefde vir jou sal jou geloof krag verloor; Liefde vir Christus versterk jou geloof vir Hom!
1Kor 13:12-13 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
Vrees breek geloof af terwyl liefde geloof versterk.
1Joh 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Ons wat Jesus gehoorsaam volg kan en moet Sy werke doen
Joh 14:11-14 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Geloof is `n vaste vertroue waar geen twyfel is nie.
Mat 21:2 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur. En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
Om te twyfel is om nie in God se vermoë en Sy lefde vir jou te glo nie.
Die groote van jou geloof.
Mat 17:20-21 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
Ons geloof is dalk klein "soos 'n mosterdsaad," maar as dit lewend en waar is, verbind dit ons met die Almagtige.
Ongeloof is negatief dit is om te vra en weet dat God nie sal antwoord nie of om te twyfel dat God na jou gebed geluister sal luister.
Hoekom sal God nie jou gebede hoor nie? Hoekom sal God wat jou so liefhet en Jesus gestuur het om jou te koop met Sy bloed nie na jou luister nie. Jy is kosbaar vir God en luister na al jou gebede, Hy sal op die regte tyd antwoord en vir jou gee wat jy nodig het. Hy weet alles van jou!
Psa 37:3-5 Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
God se belofte aan jou:
Jer 17:7-8 Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Ov
7 Die Here sal die man seën wat glo dat die Here hom sal help en hom sal beskerm. 8 So iemand sal wees soos 'n boom wat naby die water staan. Sy wortels kom tot by die waterstroom, en hy voel nie wanneer dit warm word nie. Sy blare is altyd groen, en wanneer dit nie reën nie, dan is hy nie bekommerd nie, hy hou aan om vrugte te dra. ABA
Jy is nooit alleen nie, selfs wanneer mense niks het om van leef nie, sal God vir jou genoeg voorsien.
Mat 6:25-27 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
Psa 23:4-6 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
Herhinder God aan Sy beloftes
Jes.62: 6-7 o Jerusalem? Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes - moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ’n lof op aarde!
God weet alles van jou
Ps.139:1-4 HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie - of U, HERE, U ken dit geheel en al.
Ons lewe in God en Hy leef in ons
Hand.17:27-28 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
Geloof beindruk Jesus:
Markus 2: 5 En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
Lukas 7: 9 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie.
Niks is vir God onmoontlik nie.
Markus 10: 27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
Markus 9: 23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref- as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Geloof is nie in jou vermoë nie maar in God se vermoë!
Joh.14: 10-12 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Bid en weet God hoor jou gebed
Jak 1:6-7 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
Joh 16:23-24 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan.
Joh 15:7-8 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Luk 11:9-13 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?