Die Bybel
Daar is 66 geslagte van Adam tot by Jesus.
Daar is 66 Bybel boeke in die Bybel
39 boeke in die ou Testament
27 boeke in die Nuwe Testament
Jesaja het 66 Hoofstukke die eerste 39 gaan oor die Ou Testament en 27 hoofstukke oor die Nuwe Testament
40 skrywers het die Bybel oor 'n tydperk van 1 500 jaar geskryf. Hierdie Bybelskrywers het geskryf soos hulle deur die Heilige Gees geïnspireer is.
2Pet 1:19-21 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
2Tim 3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Paulus skryf vir Timotius wat ook vir ons van toepasing is:
1Tim 4:13-16 Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
2Tim 4:1-4 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Basiese Geestelike Beginsels
Dit is belangrik om die basiese beginsels van ons verhouding met God te verstaan. Sodoende bou jy jou verhouding op `n vaste fondament sodat mense en bose magte jou nie op verkeerde pad kan lei nie. Ek werk uit die ou vertaling van die Afrikaanse Bybel, en indien ek ander vertalings gebruik is dit net sodat u beter kan verstaan. Vra u self die volgende vrae om vas te stel waar u geestelike lewe tans is.:
1. As u vandag sterf, waar sal u die ewigheid deurbring? By God of in die ewige hel?
2. Indien u sou sterf en voor God verskyn, en die Here vrae u: “Hoekom dink jy, jy kwalifiseer vir die ewige lewe saam met Christus?
3. Wat sal jou antword wees?
Oorvloedige Lewe: Die eerste mensepaar wat op aarde was – Adam & Eva – het oorvloed geniet in gemeenskap met God. Die mens was geskape na die beeld en gelykenis van God en was ‘n perfekte en gebalanseerde skepsel wat saam met God op die aarde gewandel het. God het die mens geskape om te heers oor al Sy werke op aarde.
Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Maar die mens was ongehoorsaam aan God
Gen 3:13-17 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. (net so verskoon ons onsself deur ander te blameer)
Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Die duiwel is ons vyand en sal alles probeer om ons te beïnvloed om deel te word van sy bose planne van vernietiging.
Ons is die duiwel se vyand omdat ons na die beeld en gelykenis van God geskape is! Daarom kom hy van agter met slinkse planne om ons aan te val sodat ons sal ingee en toelaat dat hy in ons lewens kom. Hy verskyn nie openlik nie, want hy wil nie hê ons moet agterkom dat hy die een is wat ons aanval nie. Net so het hy Jesus aangeval en probeer om Jesus te laat sondig sodat die duiwel Jesus se sending kon keer om te slaag.
Jesus Christus het gesterf om die sonde weg te neem deur die offer van homself, en om hom te vernietig wat mag oor die dood gehad het, dit is die duiwel. So vermorsel Hy sy kop - vernietig sy mag en heerskappy oor die mensdom, en draai hulle van die mag van Satan na God; “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.” (Hand 26:18) En Satan kneus sy hakskeen – God het dit so beveel, dat die redding van die mens slegs deur die dood van Christus bewerkstellig kon word; en selfs die geestelike saad van ons geseënde Here het dikwels die hakskeen gekneus, aangesien hulle vervolging, versoeking, ens. ly.
Heb 2:14-15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
Jesus het ons deur die prys wat Hy vir ons sondes betaal het mag gegee.
Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Die sonde het deur een mens in die wêreld gekom en deur die sonde het dood gekom.
Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.
Die gevolg:
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Sonde veroorsaak dat ons van God geskei is,
Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
God het `n weg bepaal waardeur ons uit die sonde kan kom en sodat die dood nie meer oor ons kan heers nie.
Joh 8:51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
Die dood waarvan Jesus hier praat; beteken nie dat ons nie sal sterf nie, maar dat indien ons sterf, ons slegs ons liggaam sal verlaat om ewig by Hom in te woon.
Kom ons kyk waar pas alles in, ek het nie al die Bybelse verse hier uitgeskryf nie. U moet dit self in u Bybel naslaan.
GOD HET DIE MENS VOLMAAK GESKAPE
God het die mens geskape om te heers oor Sy werke. Daar was geen siekte, dood of moeite nie.
Die mens is na God se Beeld & Gelykenis geskape; Gen. 1:26
Hy het sy lewe van God ontvang; Gen. 2:7
Hy het oor gesag beskik; Gen. 1:26-28
Hy het nie pyn, swakheid, armoede & dood geken nie; Gen. 2:16-17
God het die mens sy eie wil en keuse gegee; Gen. 2:16-17
Vraag
Hoekom het die Here die mens `n keuse gegee?
Indien die boom van kennes van goed en kwaad nie daar was nie, sou daar nie sonde gewees het nie?
Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
God het ons na Sy Beeld en Gelykenis geskape, Hy het ons nie as slawe of robot geskape nie, ons het die vermoë om te kies soos God ook kan kies. Ons was na God se beeld geskape met die vermoë om te kies
Daar was `n tweede boom.
Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Die mense kon kies om van die boom van die lewe te eet of die boom van kennes van goed en kwaad. Net so kan ek en u vandag kies of ons die ewige lewe wil hê, of meer te weet van van die kwaad wat die dood voordbring. God het gesê dat hulle van al die bome kon eet maar hulle het na die verleiding van satan geluister en hom geglo en nie God geglo nie! Omdat die mens nie van die boom van die lewe geeet het nie, is dit weggeneem en sal ons dit weer in die hemel terugkry waar ons ewig se lewe.
Net so moet het ons `n keuse om Jesus aan te neem.
SONDE BRING SKEIDING
Deurdat die mens God nie geglo het nie, maar die slang of die Duiwel se woord bo die van God gestel het, het daar skeiding tussen God en mens gekom. Aan wie is u gehoorsaam?
Jes 59:1-2 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
Die mens was ongehoorsaam; Gen. 3:6
Hy het gevrees en geweet dat hy gesondig het; Gen. 3:10
Die mens het sy gesag verloor; Gen. 3:17-19, 23
Hy het sy volmaaktheid verloor; Rom. 5:12, Rom. 6:23
Deur die sonde het siekte, dood en moeite gekom; Rom. 3:23
Die natuur is vervloek wees die ongehoorsaamheid; Gen. 3: 17-19
Die mens was van God geskei en God kon die hele aarde verwoes het, daarom het Jesus `n nuwe aarde voorberei vir die mense wat Hom gehoorsaam.
Joh 3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
God se versoening PLAN
Jesus Christus was bekend in die Ou Testament as die Here van die Leërskare
Jes 44:6 So sê die HERE(God die Vader), die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare (Jesus): Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Jes 44:6 Thus saith the LORD the King of Israel, and his redeemer the LORD of hosts; I am the first, and I am the last; and beside me there is no God. KJV
Jesus is die verlosser wat gekom het om ons te verlos; deur die loon van die sonde, die dood op Hom te neem.
Jesus het ook alles wat bestaan geskape daarom moes Hy ons verlossing kom bewerk.
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord(Jesus), en die Woord was by God(Die Vader), en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Joh 1:14 En die Woord(Jesus) het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Jesus het die nuwe lewe gebring; Joh. 10:10; Matt. 1:21
Jesus maak die mense weer nuut; 2 Kor. 5:17
Die mense kan weer gebore word; Joh. 3:3-5
Jesus maak die mens weer lewend; Efes. 2:1-5
Die mens word verlos van die koninkryk
Van duisternis; Kol. 1:13
Christus het die mense se vloek op Hom geneem; Gal. 3:13-14
Jesus het die owerhede en magte uitgeklee; Kol. 2:15
Christus het aan ons gesag gegee; Luk 10:19
HOE OM DIE NUWE LEWE IN CHRISTUS TE ONTVANG
God het ‘n nuwe weg bepaal deur Sy Seun Jesus Christus. Die Naam van Jesus beteken:
Jesus = Verlosser & Christus = Gesalfde
Jesus is die Gesalfde Verlosser wat van God die Vader kom om ons te verlos van die mag van die duiwel en die duiwel houvas op jou. Maar hierdie verlossing kom nie outomaties nie. Om deel te hê aan hierdie wonderlike weg wat deur God daar vir ons gestel is, moet jy die wil en begeerte hê om dit te ontvang, Ja, jy moet kies of jy die dood of die lewe wil hê. God forseer niemand nie, Hy het jou die lewe gegee, en jy kan besluit net soos Adam en Eva kon gekies het!
Die bekerings gebed
Hier is `n voorbeeld wat jy kan bid sodat Jesus jou kan vergewe:
Vader ek kom na U in die naam van Jesus Christus, Ek het teen U gesondig; vergewe my en wis my sondes uit. Ek wil breek met my ou sondige natuur en U aanneem as my Verlosser. Dankie dat ek weet dat U ook vir my op Golgota gesterf het, en dat U my liefhet. Help my om vandag `n vaste besluit te maak, en waar ek weer foute maak help my om oorwinning te kry oor die verkeerde dinge in my lewe sodat U, my lewe nuut kan maak. Neem my aan as U kind en help my om te nie meer teen U te sondig nie. Amen
Lees Ps 51 en sien Dawid gebed het.
Joh 1:12-13 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Om mag te ontvang om kind van God te word, beteken nie dat ek nou al kind van God is nie, maar dat ek die mag het, of die vermoë besit om kind van God te word. (ek het nou toegang om deur Jesus na God die Vader te gaan) Dit is eers wanneer ek gehoorsaam is en doen wat God vir my deur die Heilige Gees leer dat ek kind van God is.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Jesus vergewe ons Hy en verwyder ons sondes van ons:
Psa 103:10-14 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
Mat 6:12-15 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Nou volg die bekering
Bekering beteken jy moet wegdraai van jou sondige lewe en Jesus volg.
Jesus het jou vergewe as jy jou sondes belei het. Nou moet jy jou bekeer, die bekering proses volg nadat jy Jesus aan geneem het. Die Heilige Gees sal die verkeerde dinge in jou lewe uitwys waarmee jy moet breek. Selfs jou hart of gewete sal jou wys wat jy moet regmaak. Dit is `n proses wat reg deur jou lewe duur en waaraan jy daagliks moet werk. Indien jy weer sondig deur swakheid:
Heb 4:13-16 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
Rom 6:1-2 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Luk 9:59-62 En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Stap uit jou ou lewe na `n nuwe lewe sonder einde!
Jy moet ou vlees (sondige gewoontes) af te sterf
As jy terug dink aan jou lewe, sal jy besef dat daar baie sondes in jou lewe was wat jy bewustelik en onbewustelik gedoen het.
1Joh 1:8-10 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Jy moet berou hê oor jou sonde.
2Kor 7:9-10 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie. Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.
Erken en bely jou sonde, met ware berou;

Die tweede stap om uit jou ou verlede te kom is om die verlede te verlaat, en nie saam met jy te neem in jou nuwe lewe nie!
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Om jou verlede te verlaat moet jy almal vergewe, eerstens youself en dan alle ander mense wat lewe en dood is!
As jy nie kan vergewe nie kan jy nie jou ou lewe verlaat nie!
Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
Mat 6:14-15 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Hoe weet ek dat Jesus my vergewe het?
Num 23:19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Die duiwel is `n leuenaar in hom in geen waarheid nie, hy sal jou laat twyfel dat jou vergewe het, hy sal die waarheid verdraai om jou skyldig te voel.
Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
Satan het selfs probeer om Jesus te versoek; Jesus het hom geantwoord met: Daar staan geskrywe!
Wanneer die duiwel jou beskuldig kwoteer skrifte in die Bybel, hy kan nie daarteen gaan nie!
1Pet 5:8-9 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

Hoe weet jy dat jy gered is?
1Joh 3:21-24 Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.
Joh 1:10-12 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Wanneer ek Jesus aangeneem het en deel van Sy Koninkryk geword het behoort en nie meer aan myself nie maar aan Jesus, dan moet ek Hom gehoorsaam.
1Joh 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
Joh 14:23-24 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
Rom 8:12-14 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Ons innerlike geveg teen sonde.
Gal 5:16-18 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.