BEDIENINGE IN DIE GEMEENTE
Noudat jy Jesus aangeneem het en met die Heilige Gees vervul is, het jy deel van God se taakspan geword. Ons is nie gered om die kerk te vul nie, maar as kind van God moet jy God verteenwoordig waar jy ook al beweeg!
Toe Jesus jou losgekoop en jou sondeskuld betaal het, moet jy God loof dat jy losgekoop is en dat jy vir ewig sal lewe deur die genade van God.
Ef 2:1-10 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Ons is opnuut geskape in Jesus vir goeie werke.
Heb 13:20-21 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.
Ons het nou deel van God se Koninkryk geword en ons moet nou Jesus gehoorsaam en doen waarvoor Hy ons geroep het.
Elke mens het 'n roeping van God ontvang. Jy moet nou gehoorsaam wees aan die Heilige Gees wat jou sal lei. Sonder dat jy dit besef, het God reeds vir jou opleiding gegee in wat jy deur jou lewe ervaar het. Jy kan mense help deur wat jy ervaar het om hulle te help. Jou getuie van wat jy was en hoe Jesus jou lewe verander het, is waar jy kan begin om ander nader aan Jesus te lei.
Jy is nou deel van God se weermag wat 'n verskil kan maak, sodat ander deur Jesus gered kan word.
Mat 9:36-38 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
Jy is nou ook 'n dissipel van Jesus, (Grieks: mathëtes) 'n volgeling of student om deur ervaring te leer en die
Evangelie te verstaan.
Hand 4:19-20 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
Hand 20:27-28 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
1Tim 4:9-16 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. Beveel en leer hierdie dinge. Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
Begin altyd met jou getuie. As jy nie 'n prediker is nie, is daar baie bedieninge waar jy kan help in God se Koninkryk.
Ons kan nie almal predikers wees nie, maar ons kan 'n verskil maak waar ons werk, of in 'n gemeente waarvan ons deel is. Jy is nou deel van die Liggaam van Christus.
1Kor 12:12-27 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
Al die gemeentelede is deel van Christus se liggaam op aarde, en elke lid is geroep om God in die kerk te dien.
1Kor 12:28-31 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.
Rom 12:4-9 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid. Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
Bedieninge in die Gemeente is soos volg verdeel:
1. Profesie, volgens die mate van geloof
2. Verskillende bedieninge in die gemeente.
3. Wie onderrig in die Woord
4. Wie vermaan, met liefde volgens die Bybel.
5. Uitdeel, en voorsien in behoeftes
6. Wie is 'n voorganger, wat die voorbeeld stel.
7. Om barmhartigheid, te wees waar nodig.
8. Genade, deur om te gee deur gebed
9. Regerings, om te lei met raad waar nodig
10. Helpers, om ander by te staan in hul bedieninge
11. Magte, om op te tree deur die werking van die Heilige Gees
12. Alle soorte tale, deur die Heilige Gees gelei te word deur `n taal of uitleg.
Daar is baie take en opdragte in die gemeente wat gedoen moet word, kom ons kyk na ‘n paar van hulle:
- Verkondiging van die evangelie; 2 Tim. 4:1-5 (die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening)
- Dissipels te maak; Matt. 28:19 (maak dissipels van al die nasies)
- Terug gevalle Christene terug te bring; Jak 5:19,20 (waarheid afgedwaal)
- Herken die voorgangers; 1 Thess. 5:12-28 (erken die wat onder julle arbei)
- Siekes gesond te maak, dryf duiwels uit; Matt 10:8 (Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit)
- Dra mekaar de laste; Gal 6:2 (Dra mekaar se laste)
- Wees lief vir mekaar; Kol. 3 (Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming)
- Swakkes te help; Rom. 15:1 (rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie)
- Behou die regte gesindheid; Fil. 2:1-18 (Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was)
- Die Heilige Gees plek te gee; Rom 8:14 (Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God)
- Instandhouding van die Kerk; Haggai 1:1-8 (bou die huis; dan sal Ek ‘n welgevalle daaraan hê en My verheerlik)
- Kerk besoek; Heb. 10:23-26 (ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie)
Algemene bedieninge:
- Herderbediening; nie net die prediker nie maar almal wat die bediening het.
- Huisbesoek, Hospitaalbesoek, Welsynswerk.
- Helpers.
- Deurwagters, Koster, Kerkonderhoud
- Musikante
- Vokale leier, musiekinstrumente, klankbeheer.
- Administrasie.
- Maandelikse tydskrif, gemeente admin, advertensies, finansies
- Evangelisasie
- Uitreik buite die gemeente, huis tot huis ens.
- Opleiding
- Sondagskool, nuwe lede opleiding
- Gebedsaksies
- Voorbidding, gebedsversoekeJeugwerk
- Jeug aksies; dienste, kampe ens
Efe 4:11-13 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Dan is daar die vyfvoudige bediening wat die hoof leiers van die gemeentes is:
- Apostels
- Profete
- Evangeliste
- Herders
- Leraars
1 Apostel
Definisie:
Die bediening van die apostel het besondere leierseienskappe wat hom in staat stel om ander so te beïnvloed dat nuwe gemeentes gestig kan word. Terselfdertyd kan hy algemene beheer uitoefen oor 'n aantal gemeentes met besondere geestelike gesag sodat hierdie gemeentes hom erken, waardeer en ondersteun.
Hand 14:21-23 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë, en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
Eienskappe:
- Voel 'n sterk roeping van God om nuwe gemeentes te begin, met bevestiging deur die Heilige Gees.
- Met `n sterk evangeliesasie roeping.
- Jou sterk persoonlikheids en leierskap eienskappe stel jou in staat om die werk van God te vestig selfs in ongewone omstandighede.
- Jy kan nuwe probleme in vreemde situasie aanpak. Jy het 'n goeie begrip van die aard van die kerk se groei.
- Jou persoonlikheid lok gewoonlik mense en hulle volg jou.
- Jy kan onderskei wat die wil van God is en dit sonder vrees toepas. Om uit te reik na mense wat nog nie die evangelie gehoor het nie, en om nuwe gemeentes te stig!
Ontwikkeling van hierdie bediening:
Verkry 'n duidelike begrip van die aard, doel, funksies en groeiprosesse van die kerk. Om dit te bereik, kan jy 'n formele of informele Bybelstudiekursus doen, jou assosieer met 'n persoon wat tans deur God in kerkvernuwing gebruik word, en tyd spandeer saam met broers wat soos jy voel om positiewe gedagtes uit te ruil.
Wees 'n Bybelstudent, maar konsentreer op die pastorale sendbriewe, die gemeentebriewe, die leierskapgedeeltes en die Handelinge van die apostels.
Doen ‘n spesiaale studie oor die vereistes vir ‘n ouderling en pas hierdie beginsells toe.
Ontwikkel jou denke in die beplanning van strategie en prioriteite, en wees sensitief vir die Heilige Gees se leiding in die toepassing daarvan. Bestudeer die herlewings in die kerkgeskiedenis vir beginsels wat toegepas kan word.
Bestudeer die belangrikste bewegings in die afgelope 30 jaar: Kerkgroei, versadigingsevangelisasie, teologiese opleiding deur middel van afstandsonderrig, kerkvernuwing, lidmaatbetrokkenheid, ens.
Lees wyd: Boeke oor kerkgroei, persoonlike vernuwing, sendingbiografieë, toegepaste antropologie en sosiologie.
Doen ondervinding op saam met diegene wat by die bediening van apostelskap betrokke is. Vra God om vir jou ‘n weg te open. Vra ‘n suksesvolle kerkplanter om jou in sy bediening vir ‘n opleiding tydperk op te neem.
Die Apostel bediening is nog vandag belangrik vir die uitbreiding van die Koninkryk van God net soos in die tyd van die Bybel, Die Apostels was:
Barnabas & Paulus; Hand.14:14 (sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.)
Jakobus Jesus se broer; Gal.1:19 (apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.)
Andronicus en Junias; Rom.16:7 (aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.)
Silvanus en Timotheus; 1Thess. 2:6 (al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.)
Apollos; 1Kor. 3:6 (Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.)
Twee onbekendes; 2Kor.8:23 (ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, ‘n eer vir Christus.)
Skrif verwysings:
Jesus is ‘n Apostel; Heb.3:1 (Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus)
Die woord “Apostolos beteken” beteken om uit te stuur; Hand.13:2-4 (Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.)
Die kentekens van ‘n Apostel; 2Kor.12:12 (Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.)
Om as ‘n Apostel te kwalifiseer moet u ‘n persoolike ondervinding met die Here hê; 1Kor.9:1 (God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here)
Die taak van die Apostel; 1Kor.3:10-11 & Efe. 2:19-20 (Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
Die Apostel leer en bou gemeentes; Hand.19 (het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind)
Apostels het ook die bedieninge van; Profeet, Herder, Leraar en Herder.
2 Profeet
Definisie:
Die bediening van 'n profeet bestaan uit die vermoë om waarhede wat van God ontvang is oor te dra, sodat dit gelowiges bou, bemoedig en vertroos, terwyl dit ongelowiges oortuig van die werklikheid van God. Hierdie waarhede kan van 'n voorspellende sowel as 'n verklarende aard wees.
Hand. 15:32 En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
1Kor. 14:24-25 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
1Kor. 14:1-5 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
Eienskappe:
1. U is geensins bang om ‘n sterk stanpunt in die openbaar in te neem nie.
2. U sien die behoefte van ‘n groep maklik raak en is bereid om ‘n Skriftuurlike standpunt oor die nodige aksie in te naam.
3. Wanneer u in die openbaar praat, word mense oortuig van die waarheid.
4. U is oortuigend in ‘n antwoord wat u gee.
5. U het ‘n sterk persoonlikheid.
Ontwikkeling van die bediening:
1. Werk daaraan om ‘n omvattende begrip en oorsig van die hele Bybel te kry.
2. Wy die meeste van jou studietyd daaraan om voorspellende profetiese gedeeltes te bemeester. Bemeester ook die hermeneutiese beginsels van profesie, simbole, figuurlike en poëtiese taal, soos die meeste literatuur oor profesie dit gebruik.
3. Wees baie konsekwent in die toepassing van die Skriftuurlike waarhede in jou eie lewe.
4. Ontwikkel vermaningsvaardighede.
5. Bly op hoogte van wêreldnuus, veral as dit met profesie verband hou. Kyk na ontwikkeling in verskillende kerke. Probeer om die verband tussen die feite en die doel van God in die wêreld vas te stel.
6. Ontwikkel jou vaardighede om effektief met groot gehore te kommunikeer.
7. Wees veral bedag op krisissituasies. God sal 'n antwoord gee vir hierdie situasie in die kerk.
Vir verdere studie verwys na:
1. Profeet; 2Pet.1:20-21; Hand.13:1; Efes. 3:5 (heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik)
2. Valse Profete; Matt. 24: 11-24; 1Joh. 4:1-3; Deut.13:1-5; Matt. 7:15-20; Mark.13:22. 2Pet.2:1-3 (Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars)
3. Hoe word ware en valse profete onderskei; Jer 29: 8-9); Mat 24:24; 2 Kor. 11:13; Deut.18:20 (Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie)
3 Evangelis
Definisie:
Die persoon met hierdie bediening beskik oor die vermoë om die evangelie in die openbaar sowel as privaat te verkondig sodat mense Christus as hulle Verlosser kan aanneem.
Die woord “evangelis” kom slegs drie keer voor in die Nuwe-Testament: Hand.21:7; Efe.4:11 & 2 Tim.4:5. (Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.)
Die woord “evangelis” in Grieks is: “euaggelistēs” Die uitspraak is: “Yoo-aus-ghel-is-tace” wat beteken: “een wat die goeie boodskap bring.”
Filippus wat eers ‘n helper in die gemeente was het hom later aan die verkondiging van die evangelie toe gewy. Hand.6:1-6; Hand.8 (Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.)
Hand. 5:42 “En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die temple en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.”
Eienskappe:
1. Jy praat maklik voor groepe en voer ewe maklik gesprekke met individue.
2. Jy het die vermoë om mense te oortuig en te beïnvloed.
3. Jy is diep bewus van die verlore toestand van mense wat Christus nie ken nie en jy is bekommerd oor hul ewige lot sonder God.
4. Jy skep maklik 'n geleentheid om in 'n gewone gesprek te begin praat en geestelike waarhede te bespreek.
5. Jy praat maklik en met vreugde oor Christelike sake.
6. Ongeredde mense neem dikwels 'n besluit vir Christus as 'n direkte of indirekte gevolg van jou invloed op hulle.
7. Jy bid dikwels en spesifiek by name vir ongeredde individue sowel as vir groepe mense.
8. Jy maak maklik vriende.
Ontwikkeling van hierdie bediening
1. Jy moet duidelik wees oor die beginsels van verlossing. Bestudeer in hierdie verband die gedeeltes in Handelinge waar mense met die evangelie gekonfronteer word.
2. Begin in die praktyk by die eerste stadium van evangelisasie, nl. gebedsevangelisasie en beweeg dan in die volgende na vriendskapsevangelisasie, konfronterende evangelisasie en openbare evangelisasie. Sluit aan by 'n groep in jou gemeente wat in evangelisasie belangstel en ontdek die plek waar jy 'n sinvolle bydrae tot evangelisasie in die groep kan maak.
3. Maak gebruik van opleidingsprogramme, bv. Bybelskool, kursusse in evangelisasie, boeke ens...
4. Sluit aan by die evangelisasiespan of 'n evangelis sodat jy eerstehandse ondervinding kan opdoen. Leer om self die evangelie prakties te verkondig.
5. Bestee baie nadenke aan die Evangelie van Lukas (asook ander Evangelies) Lees boeke wat jou sal help om 'n besorgdheid oor mense te kweek.
Vir verdere studie lees:
Hand.5:62; Hand.11:20; Hand.15:35; Gal.1:8,16,23; 1Pet.1:25; Hand.16:10; Efes.2:17; Hand.10:36; Hand 14:15,21; Rom.10:15; Efes.3:8-9; 1Tim4:6-16 & 2Tim.3, 4:1-5
4 Herder
Definisie:
Iemand met 'n herder of pastorale bediening het die vermoë om die groep wat aan hom toevertrou is, te lei. Hy neem persoonlike langtermynverantwoordelikheid vir hulle geestelike welstand deur besluite vir hulle te neem. Hy beskerm teen dwaling en stel self 'n voorbeeld van die gesindheid van Christus om die groep tot volwassenheid in Christus te kan bring. Net soos 'n herder hulle beskerm en lei en vir hulle sorg, spoor hy die verlorenes op en bring hulle terug na die groep.
Die woord “Herder” kom van die Griekse woord “râ‛âh” Dit beteken om 'n kudde op te pas, dit is om dit te wei; Ps.23
Jesus wat ons Hoofherder is, het 'n voorbeeld vir die mense gelaat met hierdie bediening in:
Joh.10:11; 1 Pet. 2:25; 1Pet.5:4 & Heb.13:20,21 (Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus)
Eienskappe:
1 Mense kyk gewoonlik na 'n herder vir leiding
2 Mense voel dat die herder vertroud is met die gemeente.
3 Die herder is gewoonlik in 'n leiersposisie.
4 Die herder kan orde en dissipline handhaaf.
5 Die herder merk maklik probleme in die groep op en neem verantwoordelikheid om dit op te los
5 Die herder bevorder geestelike groei, en lei mense om Christus se beeld in hulle te laat vorm.
7 Mense beskou 'n herder as 'n leier.
8 Die herder beïnvloed mense sodat hulle lojaal is aan sy manier van dink en optrede.
Ontwikkeling van hierdie bediening
Om hierdie bediening ten volle te ontwikkel is dit baie belangrike dat jy aandag moet gee aan die volgende:
1 Bybelkennis - Jy moet 'n getroue Bybelstudent wees, om dit wat die Bybel leer in jou eie lewe toe te pas en ook die kennis te gebruik om mense te help met die oplossing van hul probleme.
2 Benewens Bybelkennis moet jy ook beradingskursusse volg asook navorsing oor verskillende rampe wat mense tref.
4 Die herder moet ook bewus wees van verskillende godsdienste.
5 Die herder moet ook leierskapkursusse volg.
6 Die belangrikste eienskap wat ontwikkel moet word, is om die potensiaal in mense raak te sien al aanvaar alle mense dit nie.
7 Studie in menslike behoeftes soos; huweliksberading, Trauma, Depressie, Stres, siekesorg en algemene hulp en leiding.
Take van ‘n Herder:
1 Hy sal vooruit beweeg en die mense sal hom volg, soos die herder in Israel voor die skape uit beweeg om hulle te lei (voorbeeld stel) Hand.24:16 (Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.)
2 Hy sal omsien na die behoeftes van sy mense
3 Hy sal gereeld vir leiding bid en Jesus se wil soek in elke besluit wat hy neem terwyl Jesus in die wil van Sy Vader beweeg het. Johannes 5:19 (Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.)
4 Hy moet sorg dat nie een verlore gaan nie. Joh.17:12 (Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak)
5 Hy moet sy lewe aflê vir sy mense Joh.10:15-18 (Ek lê my lewe af vir die skape.)
6 Hy sal by sy skape bly en hulle leer en vertroos. Joh.10:1-21 (Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.)
Die prediker
Dit maak nie saak of jy 'n kort boodskap by 'n huisdiens bring, of jy die hoofdiens doen, of as jy vir 'n groot groep mense by 'n konferensie preek nie. By elke geleentheid is jy 'n prediker en volle verantwoordelikheid rus op jou. Dan tree jy op as die boodskapdraer van God.
Dit is die verantwoordelikheid van 'n prediker om die boodskap van die Here te kry en dit dan aan die gehoor oor te dra, die verantwoordelikheid is natuurlik groot. Dit is nie 'n boodskap van jou eie mening oor 'n relevante Bybelweergawe of oor jou siening van 'n sekere saak nie. Dit moet wees wat die Here God daaroor sê. Die verantwoordelikheid van 'n prediker is eerstens om die boodskap van die Here te kry en dit dan onder die salwing en leiding van die Heilige Gees oor te dra. Onthou jy is net die kanaal waardeur God werk.
2Kor.2:17 “Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.”
Paulus sê in Hand.24:16 “Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.”
Om opreg voor die Here te wees – is om eerlik te wees. Die prediker se motief moet so wees dat die Here sy seël van goedkeuring op die prediker se bediening kan plaas. Hier is Dawid se gebed van toepassing op elke persoon, wie ook al, wat 'n boodskap aan 'n gehoor moet oordra.
Ps.139:23,24: "Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes, en kyk of daar by my 'n weg van droefheid is, en lei my op die ewige weg!"
Ps. 19:15 "Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart aangenaam wees in u oë"
Die boodskap kom van die Here God af! Dit is wat Hy wil hê die prediker moet vir die gehoor sê:
1 Pet. 4:11 “As iemand spreek, laat dit wees soos die woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag van God!”
By die susterbiduur, jeugdiens of sondagdiens – “Prediker, laat dit wees soos woorde van God”!!
Die suiwer, onverdunde Woord van God, die woord wat uit die hart van God gestuur is, moet deur die prediker aan die gehoor oorgedra.
Die Here God is alomteenwoordig. Daar in die vergadering waar jy as prediker moet optree, is God teenwoordig. Hy het vir jou die boodskap gegee, nou is Hy daar om te luister hoe jy dit gaan oordra. Stel jou voor dat die Here persoonlik daar sit en na jou luister; Hy is daar om die boodskap te bevestig en om deur die boodskap met elke hoorder te praat.Die verantwoordelikheid van die prediker word opgesom in die woorde van Paulus soos vervat in:
1Thess.2:4 “maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.”
Wanneer jy eendag voor die regterstoel van Christus staan en rekenskap moet gee van elke woord wat jy aan 'n gehoor gespreek het, mag Hy ook vir jou sê soos Hy in Matt.25:21 gesê het:
" Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer."
1Pet.5:2-4; Heb.13:1-7; Hand.20:28; Efes. 4:11-14; 1Tim.3 & 4 ens.
5 Leraar (Onderwyser)
Definisie:
Iemand met hierdie bediening het die vermoë om Bybelse waarhede op so 'n manier te leer, te verduidelik en te openbaar dat mense dit kan verstaan en die waarhede in hul lewens kan toepas. Die persoon moet 'n begeerte hê om meer te leer en moet 'n ywerige Bybelstudent wees.
1Kor 14:26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied.
Kol 1:28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;
Eienskappe:
1. Op grond van jou verduideliking van Bybelse waarhede, sal mense die waarheid verstaan.
2. Binne jou sal 'n sterk drang wees om waarhede te verstaan. Jy sal ook na maniere soek om die waarheid aan ander oor te dra.
3. Jy sal jouself kan dissiplineer om die Woord van God intens en gereeld te bestudeer.
4. Jy sal vind dat jy baie bekommerd is oor die werklike betekenis van Skrifgedeeltes en jy is nie tevrede met onduidelike verduidelikings (deur jouself of ander nie)
5. Jy sal voortdurend jou onderrigmetodes verbeter om die leerproses by ander te bevorder.
6. As gevolg van jou hulp en Bybelse verduidelikings en verduidelikings, sal jy sien hoe mense wat na jou luister meer soos Christus word in hulle optrede en gedagtes.
7. Mense sal God al hoe dieper leer ken deur jou vermoë om Bybelse waarhede prakties te verduidelik in terme van hedendaagse situasies.
Waarhede oor onderwysers:
Die belangrikheid van 'n leraar in die gemeente. 1Kor.14:26; Kol 1:28
1Tim 2:3-4 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
2. Die Leraar bediening kan ook soos volg saamwerk:
Herder & Profeet & Evangelis
Voorbeelde hiervan:
Barnabas was ‘n profeet en leraar Hand.11:22-26, Hand.18:27 (want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.)
Paulus was ‘n profeet en leraar. 2Kor4:5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
Waarskuwing:
As gevolg van 'n Leraar se invloed wat hy uitoefen, sal hy strenger beoordeel word:
Jak.3:1 “My broeders julle moenie almal leermeesters wil wees nie, julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as die ander beoordeel sal word.”
Ontwikkeling van hierdie bediening:
1. Maak seker jy het 'n basiese begrip van die beginsels van Skrifinterpretasie om jou te lei in die bestudering van die Bybel.
2. Begin met 'n sistematiese program om die Bybel te bemeester en hou in gedagte dat jy altyd die waarheid soek.
3. Maak dit 'n prioriteit om enige nuwe waarheid wat jy in die Skrif leer, op jou eie lewe toe te pas.
4. Die beginsels van kommunikasie en die verskillende metodes in die toepassing daarvan sistematies te bemeester.
5. Wees leergeoriënteerd in jou onderrigmetodes en benadering.
6. Modereer en verbeter voortdurend jou aanbiedingsmateriaal.
7. Gemotiveerd wees in die toepassing van vindingryke tegnieke om suksesvol te kan kommunikeer.
8. Spandeer waar moontlik soveel tyd as moontlik saam met 'n suksesvolle onderwyser en leer by hom wat jy moontlik kan.
9. Gebruik jou bediening so dikwels as moontlik in die plaaslike gemeente sowel as in die breër kerk.
10. 'n Belangrike taak van 'n onderwyser word opgeteken in:
Ef 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;