Lofprysing en Aanbidding
Voor God se Troon is daar gedurig lof en aanbidding.
Lofprysing
Openb 5:9-12 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende; en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
Aanbidding
Openb 5:13-14 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
Alle skepsels moet die God prys (Mense en diere)
Openb 5:11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende; en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
Die doel en verskil van Lofprysing en Aanbidding.
Lofprysing bring die gemeente in `n eenheid. Daarom moet ons altyd begin met lofprysing. Wanneer ons die teenwoordigheid van God ervaar moet ons oorgaan van lofprysing na aanbidding.
Lofprysing bring ons in `n eenheid met mekaar en lei ons in God se teenwoordigheid;
Ps.95:1-7 KOM, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! Want die HERE is ’n grote God, ja, ’n groot Koning bo al die gode. In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
Die mens is geskape na die beeld en gelykenis van God, en is die kroon van die skepping. Ja, vir die mens het God alles in die wêreld geskep; die voëls van die hemel die diere van die veld, die son, maan, sterre en planete is vir die mens geskep. Die mens is beklee met eer en heerlikheid. Jesus, wat God is, het ook vir die mense gely en gesterf, sodat ons na God se oorspronklike plan herstel kan word, nadat die mens afgedwaal het en ongehoorsaam was aan sy Skepper. Waarlik God het die mens waarlik lief!
Dit is om hierdie rede dat ons God al die lof en lof moet gee. Ek glo ook dat God van ons verwag om Hom te loof en aanbid! God word deur engele op sy troon verheerlik, en ons het 'n baie groter rede as hulle om Hom te loof, want Hy het hulle wel geskape, maar nie vir hulle gesterf nie.
Demonstratiewe vrolike, vrolike uitdrukkings is nie blote Pinkstertradisie nie – Dit is die hoogste vorm van eer wat die mens aan God kan betoon. Dit verheerlik nie net God nie, maar bring ons in die teenwoordigheid van God. Dit verander jou aanbidding van 'n wettige dooie godsdiens na 'n lewende verbintenis met die Glorie van God. Ja, dit bring jou na hemelse plekke, dit verkwik jou siel, dit bou jou geloof en maak jou deel van 'n wonderlike, nuwe lewe in Christus.
Psa 22:4 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
Deu 10:20-21 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. OV
20 “Jy moet net die Here jou God aanbid. Jy moet Hom altyd dien, altyd aan Hom vashou en net in sy Naam beloftes maak. 21 Die Here is jou God en Hom moet jy altyd loof. Vir jou en vir jou alleen het Hy al hierdie groot dinge gedoen. En jy het alles met jou eie oë gesien. DB
Lofprysing word slegs aanvaar deur mense wat God opreg dien.
God weet alles van jou en om voor mense voor te gee het geen waarde vir God nie.
Amos 5: 21-24 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom.
Joh.4: 23-24 Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Valse aanbidding doen meer skade as goed; wanneer ons nie opreg voor God is nie eer ons Hom nie maar spot ons met Hom!
Dit is daarom dat die Here in die Bybel vir ons baie riglyne en motiverings gee om die Here te loof. As iemand jou bedank vir dit wat hy vir jou gedoen het, waardeer jy dit. Daarom leer ons ook ons kinders om dankbaar te wees en om dit wat hulle ontvang te waardeer. Net so moet ons God bedank vir Sy liefde aan ons bewys en ons moet Hom waardeer vir alles wat Hy ons skenk.
HOE MOET ONS DIE HERE LOOF?
Die Here sal jou nooit dwing om Hom te loof nie, alhoewel dit vir jou belangrik is om God te verheerlik! Dit bring jou in God se teenwoordigheid en stel emosies vry wat genesend is vir jou innerlike wese. Lofprysing vorm 'n eenheid waar daar meer as een persoon is, dit is wanneer die Heilige Gees tussen mense beweeg. In stywe en onvriendelike atmosfeer laat gedagtes dwaal, dit skei mense van mekaar omdat almal besig is met hul eie dinge, en omdat daar geen eenheid is nie kan die Heilige Gees nie werk nie.
Tydens lofprysing beweeg jy geestelik van jou omstandighede na die Teenwoordigheid van God, dit sal jou fisies en geestelik genees.
Fil 4:4-7 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Vasgevang in moeilike omstandighede sonder om 'n uitweg te sien, het Paulus en Silas die Here in hul omstandighede geloof, en die boeie het van hulle afgeval. Wanneer jy in moeilike omstandighede is en geen uitweg sien nie, begin om die Here te loof.
Hand 16:25-26 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
Die hoofdoel van lofprysing moet altyd wees om die eer en lof aan die Here te offer. Sodra lofprysing gebruik word om mense te beindruk of om enige ander rede behalwe om die Here te loof is dit ‘n geraas wat God nie behaag nie.
Matt. 15:8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
Met koordanse en tamboeryn.
Ps.150:1-6 HALLELUJA! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!
Die doel van koordans is nie om jouself te geniet nie, ook nie om mense te vermaak nie maar om God te verheerlik.
Psa 149:1-4 Halleluja! Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote! Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning! Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter. Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
Ps.49:1-7 1 Bring eer aan die Here in die byeenkoms van die gemeente. Sing vir Hom ’n lied wat jy spesiaal net vir Hom gemaak het. Sing saam met al sy kinders liedere om vir Hom dankie te sê. 2 Al God se kinders moet bly wees oor Hom, want Hy het hulle gemaak. Gelowiges moet juig oor Hom, want Hy regeer oor hulle lewe. 3 Hulle moet sy Naam prys deur te sing en te dans. Saam met pragtige musiek moet hulle Hom uit volle bors loof. 4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. 5 Almal wat die Here getrou dien, moet opgewonde juig. Hulle moet met blydskap sing, selfs as hulle alleen is. DB
Klap met die hande en juig voor God
Ps.47:1-7 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm. Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel! Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ’n groot Koning oor die hele aarde. Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete. Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela. God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank. Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
1Kom prys die Here.
Beloftes van lof en aanbidding
Ps.50: 23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Hoekom moet ons die Here loof?
1 Omdat Hy ons geskappe het om soos Hy te wees.
Gen.1: 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
2 Omdat Hy ons so lief het dat Hy Sy lewe vir ons gegee het.
Joh.3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
3 Omdat die bonatuurlike God en Heerser van die heelal in ons woon.
Joh.14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
4 Omdat Hy ons krankhede en ongeregtighede op Hom geneem het.
Jes.53:3-5 Hy was verag en deur die mense verlaat, ’n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ’n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte - dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
5 Omdat Hy altyd by ons is en die Heilige Gees gestuur het om in ons te woon.
Joh.16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
6 Omdat Hy ons so liefhet dat Hy bid dat ons een met Hom moet word.
Joh.17:20-22 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo - dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
7 Omdat Hy ons gebede beantwoord.
Joh.15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Lofprysing het ook genesings krag.
Om ons emosies los te laat
Emosies speel ‘n baie groter rol in ons lewe dit bepaal die keuses wat ons! As ons dan ons emosies loslaat en die Here prys, stel dit jou in staat om opgekropte emosies uit te laat en gesonde emosies op te bou wat jou gelukkig en vry laat voel. Jy beweeg dan uit jou eie omstandighede in die heerlikheid van God!
Wanneer jy emosies uit aanbidding haal kan die Heilige Gees nie werk nie!
“If you take emotion out of religion, you’ll have no motion.”
Wanneer mense God loof daal die heerlikheid van die Here neer!
2Kron.5:11-14 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan - want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om die afdelings in aanmerking te neem - terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas; en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! - is die huis, die huis van die HERE, vervul met ’n wolk. En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.
Esra 3: 10-13 Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE le, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel. En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was. Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het. En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
AANBIDDING
Die leier moet ingestel wees met die Heilige Gees; om te onderskei wanneer daar van lofprysing oorgegaan word na aanbidding! Dit is wanneer mense die teenwoordigheid van God kan ervaar; dan moet lofprysing gestaak word sodat die Heilige Gees kan werk! Maak ruimte vir die werk van die Heilige Gees!
Dit is so wonderlik wanneer die heerlikheid van God neerdaal!
Voorbeelde van aanbidding
1Kon.8: 54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
Dan.6:11 En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ’n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.
Hand.21: 5 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
Fil.2:10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
I Kor.6:19-20 Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
2Kor 5:13 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.

- Lofprysing is die verloste mens wat na die Here roep, terwyl aanbidding die gees van die mens is wat na God roep. Lofprysing begin in die vlees, terwyl aanbiding eindig in die gees.
- Lofprysing is ‘n handeling van ons vlees en dit is ‘n aksie wat opgewek word deur ons emosies, waar aanbidding ‘n totale toewyding aan God is.
- Lofprysing kan vanaf ‘n groot afstand gedoen word, terwyl aanbidding in die teenwoordigheid van God is.
- Lofprysing en aanbidding maak ‘n goeie huwelikspaar; hulle is lewenlange maats; omdat die een nie sonder die ander kan gaan nie! Ons vind hulle voordurend saamgevoeg in die bladsye van die Bybel, lofprysing is die voorbereiding vir aanbidding.
- Aanbidding begin wanneer ons in die teenwoordgheid van God is.
- Aanbidding gebeur wanneer ons voor God neerbuig en onsself aan God toewei
- Aanbidding gebeur nie met uiterlike vertoning nie, maar wanneer ons in respek en eerbied voor God buig.
- Aanbidding is wanneer ons met vrees en respek, stil raak voor God sodat ons van Hom kan hoor.
- Aanbidding is wanneer ons innerlik versterk kan word.
- Aanbidding is dit nie nodig om God te loof nie; ons moet in stilte wag vir God.