Is wapens werklik nodig?
- Geen geveg kan gewen word sonder wapens nie!
- Die gehalte van die wapens wat jy gebruik bepaal jou slaankrag.
- Wapens in die hande van soldate beteken niks as hulle nie opgelei is om dit te gebruik nie!
- Die vyand het ook wapens waarmee hy jou aanval, jou wapens moet meer slaankrag as sy wapens hê.
Jy is nie alleen in die geveg teen die bose nie, moet nie op jou eie krag staatmaak nie!
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Die eerste en belangrikste is jou verhouding met Jesus! Bose geeste weet wat jou verhouding met God is, hulle vrees nie mense wie se verhouding met Jesus nie reg is nie.
Hand 19:13-16 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig! Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het. Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle? Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het. (1953 vertaling)
Jesus het ons krag gegee, ons moet nie daarin roem nie, want ons tree nie in ons hoedanigheid op nie. Ons moet bly wees dat Hy by ons is en Hom al die eer gee. Om net deel te wees van die Koninkryk van God is wonderlik, ons verdien niks en sonder Jesus is ons niks.
Joh 15:5-7 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. (1953 vertaling)
Luk 10:19-20 Kyk, Ek het aan julle gesag gegee om op slange en skerpioene te trap, en ook oor al die mag van die vyand. Niks sal julle enige skade kan aandoen nie. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie. Wees eerder bly dat julle name reeds in die hemel opgeskryf is. (2020 Vertaling)
Voorbeeld hiervan:
Hand 3:16 Dit was op grond van geloof in die Naam van Jesus dat sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak het. En die geloof wat deur Jesus kom, het in julle almal se teenwoordigheid hierdie volkome genesing aan hom gegee. (2020 Vertaling)
Om as die geveg te wen moet jy die volle Wapenrusting aan trek.
Ef. 6: 10-19 Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. (2020 Vertaling)
Onthou jy tree nie op in jou eie krag en vermoë nie, jou krag kom van God. Dit is dus belangrik dat jou verhouding met Jesus reg sal wees, sodat God se geweldige krag deur jou kan werk. Die Wapenrusting het geen krag vir die mense wat nie in die Here en geweldige krag optree nie.
As seun het Dawid 'n Leeu en 'n Beer doodgemaak wat sy skape aangeval het, het jy gesien hoe groot 'n Leeu en 'n Beer is, Dawid het nie na hulle grootheid gekyk nie maar na die geweldige krag van God! Hy het Goliat sonder opleiding verslaan terwyl die opgeleide soldate vir Goliat gevrees het, hy het nie na die grootte en sterkte van Goliat gekyk nie, en Goliat se dreigemente het hom nie laat skrik nie, want hy het nie op sy eie vermoë staatgemaak nie maar in die magtige krag van sy God! Hy het baie gevegte gewen, nie omdat hy nie op sy eie vermoë staatgemaak het nie, maar op God.
1Sam 18:7 En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende!
Nadat hulle van 'n geveg teruggekeer het, wou sy manne hom stenig, want hulle vroue en kinders is weggeneem terwyl hulle in die geveg was. Dawid was benoud en het hom in die Here versterk en geweet dat God met hom is.
1Sam 30:6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.
Om in die krag en krag van God op te tree moet jy nie staatmaak op jou eie vermoë, vertrou en glo dat God met jou is nie. Watter krag kan teen jou staan wanneer God by jou is? Weet altyd dat God se krag en Sy sterkte by jou is.
Rom 8:31-32 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. (2020 Vertaling)
Jy moet ten volle toegerus wees met die wapenrusting, sodat daar geen swak plek in die wapenrusting is wat die vyand kan gebruik om jou te oorweldig nie.
12 Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim. (2020 Vertaling)
Omdat ons stryd nie teen mense is nie, maar teen bose geeste, moet ons nie mense aanval deur wie die bose werk nie, maar teen magte wat deur hulle werk. Ons stryd is ook nie vleeslik nie maar geestelik. Die wapenrusting werk vanuit ons gees en verbintenis met God.
13Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. (2020 Vertaling)
Ons moet besef dat die vyand teen ons sal optree, daarom moet ons kan weerstand bied en ons geloof en vertroue in God sal ons help om te staan, tydens die geveg en daarna.
14 Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van geregtigheid, (2020 Vertaling)
Satan se wapen waarmee hy baie mense aanval is leuens, want daar is geen waarheid in hom nie. Ons moet vasstaan deur geen leuens in ons lewens toe te laat nie. Waarheid moet deel van jou bestaan wees, want waarheid maak jou vry.
Die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, (Die Boodskap)
Staan dus vas en hou jou stand, nadat jy die wye band van waarheid (persoonlike integriteit, morele moed) om jou middel gespan het (AMP vertaal)
Om jou middle gebind met `n sterk band wat verklaar wie jy as mens is!
En die borswapen van geregtigheid aangetrek ('n opregte hart) (AMP vertaal)
Hierdie eerste twee wapens is om jouself te beskerm, sodat die vyand jou nie kan veroordeel nie; dit sal jou help om vas te staan. Die wete dat Jesus jou vergewe het, sal jou vrymoedigheid gee om op te tree.
15 en deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan julle voete aan te trek, (2020 Vertaling)
Wees altyd gereed om ander na Jesus te lei en hulle te ondersteun of aan te moedig sodat hulle bevry kan word van die greep van die bose.
15 Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees (Die Boodskap)
[15] en met die evangelie van vrede op julle voete vasgemaak ter voorbereiding [om die vyand te konfronteer met vaste voete stabiliteit en die gereedheid wat deur die goeie nuus voortgebring word]. (AMP vertaal)
16 en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus. (2020 Vertaling)
16 Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan. (Die Boodskap)
Satan het Jesus aangeval in Matt 3 en Jesus het sy aanval met die skild van geloof afgeweer deur te sê dit is geskrywe!
Die skild van geloof is jou Bybelkennis waarmee jy jouself kan beskerm, deur te sê: Daar staan ook geskrywe!
17 Dra ook die helm van verlossing en.. (2020 Vertaling)
17 Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. (2020 Vertaling)
Daar is geen aanklag teen jou naam nie Jesus het die volle prys van jou sonde betaal. Hou jou lewe skoon en bly ver weg van sonde. Die duiwel sal vir jou valse struke stel, wees waaksaam, moenie na sy leuens luister nie. As jy sonde doen:
Heb 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. (1953 vertaling)
26 Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer 'n offer vir ons sondes oor nie, (2020 vertaling)
Die swaard van die Gees – dit is die woord van God.
Heb 4:12-13 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. (1953 vertaling)
Die Woord van God sny na twee kante, na die persoon wat jy wil oortuig van sonde en na jouself wat seker maak dat jy die Woord in jou lewe toepas!
1Tim 4:16 Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor. (1953 vertaling)
[16] Gee noukeurig aandag aan jouself [konsentreer op jou persoonlike ontwikkeling] en aan jou onderrig; volhard in hierdie dinge, want as jy dit doen, sal jy redding verseker vir jouself sowel as vir die wat na jou luister. (AMP vertaal)
18 By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die heiliges. (2020 Vertaling)
[18] Bid met alle gebed en petisie te alle tye [by elke geleentheid en in elke seisoen] in die Gees, en met die oog daarop, bly waaksaam met alle volharding en petisie [in gebed] vir almal God se mense. (AMP vertaal)
Gebed het groot krag, dit versterk jou geloof en maak jou lewe oop vir God se krag om deur jou te werk. Ek het gevind dat my geestelike krag baie swak is as ek nie gereeld bid nie. Bid gereeld en laat jou gebed nie net oor jouself gaan nie; staan in vir ander en vir die uitbreiding van God se Koninkryk. God weet wat jy nodig het, wanneer jy vir ander bid, sal God vir jou voorsien.
Job 42:10 En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.