WIE IS JESUS?
Jesus se Naam beteken Verlosser:
In die Griekse taal: Iisoús
In die Hebreewse taal: Jehoshua
In die Nederlandse taal: Jezus
In die Afrikans en Engelse taal: Jesus
Die maak nie saak in watter taal jy Hom aanspreek nie; Hy Bly Jesus.
2Pet 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.
Wat Jesus uniek maak is dat Hy Christus die gesalfde is. (anointed, that is, the Messiah.)
Jesus is die Heilige wat van die ewigheid kom;
Mic 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Jesus is God, het na ons wêreld gekom en is soos `n mens gebore.
Joh 8:58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
Jesus was by God die Vader voordat die wêreld bestaan het!
Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
Joh 1:1-3 In die begin [voor die bestaan van die Skepping] was die Woord (Jesus, die logos; gesproke woord), en die Woord was by God (Twee Persone, die Vader en die Seun), en die Woord was God (Jesus die tweede Persoon in die Godheid). Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur [Jesus] Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Die Woord: is Jesus
Sy ewige bestaan; In die begin was die Woord; voor die Skepping van die wêreld, het Jesus wat die Woord is bestaan, Hy het nie `n begin en einde nie. Alle dinge het deur Hom tot stand gekom, en sonder Hom het geen ding ontstaan wat gemaak is nie.
Heb 2:8-10 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
Die woord wat Johannes toegepas het op die tweede persoon van die Godheid in sy ewige bestaan, te beskryf as "die Lewe" en "die Lig" omdat Hy lewe en lig in Homself het en dit na sy behae aan sy skepsels deel; daarom word hy "die Woord" genoem, want in hom "is al die skatte van wysheid en kennis verborge", en deur Sy woord openbaar Hy dit aan die mense.
By God; in heilige eenheid, gemeenskap. Hy is ook God; dit is 'n direkte bewering van sy goddelike natuur as bestaan van ewigheid. Die Bybel openbaar dat Jesus Christus God is, die Skepper van alle dinge wat ooit gemaak is.
Almal wat die Bybel het, is dus verplig om Hom in hierdie karakter te erken en aan Hom goddelike eer te bewys.
Fil 2:6-9 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is.
Jesus is die Woord wat van die Vader kom Hy spreek nie uit Homself nie maar wat Hy van Sy Vader ontvang het.
Joh 12:49-50 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
Heb 1:7-10 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
Jesus het aarde toe gekom; gebore soos `n mens sodat Hy wat God is; ten volle mens geword het!
Die grootste wonderwerk ooit is dat God mens geword het om die mens op menslike vlak van die dood wat deur sonde gekom het te verlos, en Satan wat mag oor die dood gehad het te oorwin!
Heb 2:14-15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
God die Vader het alle mag aan Jesus gegee.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Fil. 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Heb 1:1-3 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.
Wanneer Jesus alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het, sal Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee.
1Kor 15:24-26 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
Jesus se opdrag.
Mat 28:18-20 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Jesus het gekom ten gevul met die Heilge Gees
Joh 3:34-35 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
Jes 61:1-4 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.
Die Woord wat van God die Vader kom het gelyk aan die mens gekom.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Jesus is die lig wat van die Vader kom, maar die mense wil nie in die lig van die Vader kom nie omdat hulle in die duister weg wil kruip.
Joh 1:9-11 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Joh 3:19-21 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. die duister do dit lig verkies.
Jesus kom van die Vader en in Hom is lewe, Jesus is die enigste weg na die Vader.
Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
1Joh 5:11-12 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Deur Jesus se offer aan die kruis kan ons, ons ou lewe verlaat en weer gebore word.
1Pet 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Ons kan ons ou lewe begrawe en so deel word van die opstanding uit die dode.
Rom 6:1-6 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Die aanklag teen die mens is sonde.
Sonde is ongehoorsaamheid aan God se Woord wat Jesus is en aan die Heilige Gees wat Jesus gestuur het om ons in die volle waarheid te lei.
Joh 16:7-11 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
Jesus het nie gekom om die mens te oordeel nie.
Joh 3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Jesus is die Woord wat van God kom, Hy sal ons nie oordeel nie maar dit Sy woord sal ons oordeel; Hy het gekom om die weg na Saligheid te verkondig; wanneer ons ongehoorsaam is en nie gehelp wil word nie sal, Sy Woord ons oordeel.
Joh 12:47-48 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Om Jesus te volg na die ewige lewe.
Mat 16:24-26 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
Dat die liefde van hierdie tydelike lewe bly `n groot versoeking vir mense; dit is om Christus te verloën en sy heilige godsdiens te verloën.
1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
Die sekerste manier om die ewige lewe te verkry, is om met blymoedigheid jou sterflike lewe; vleeslike begeertes af te lê, wanneer ons Christus wil volg.
Jesus het vir ons `n plek voorberei
Joh 14:1-10 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Jesus se gebed is dat ons een moet word met Hom en Sy Vader.
Joh 17:22-26 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
Die geskiedenis van Jesus op aarde.
Jesus was 33 jaar op aarde. Sy bediening het begin na Sy water doop, nadat die Heilige Gees oor Hom gekom het! Die laaste drie jaar van Sy lewe op aarde het hy twaalf dissipels opgelei om die kerk van die nuwe Testament begin en te bestuur.
Mat 3:13-17 Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
Joh 21:25 En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
In die Ou Testament was Jesus: HERE van die leërskare; Jesus is ook die Alfa & Omega
Jes 44:6-8 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie. En wie roep soos Ek—laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê—vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee. Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar ‘n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
Jes 45:21-22 Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: ‘n regverdige en reddende God is daar buiten My nie. Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
Johannes het Jesus aanskou.
Openb. 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê.
Openb. 19:13-15 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
Heb 4:12-13 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
Ewige geregtigheid aan te bring: Christus het nie net aarde toe gekom om sondes te kom uitdelg nie. Hy het gekom om versoening te bewerk tussen die mens met God. Hy het gekom om die berouvolle sondaar met SY geregtigheid te beklee.
Kol 1:19-20 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Wanneer die mens Hom aanvaar sal Hy hulle toevou met Sy geregtigheid, en hulle sal staan in God se teenwoordigheid asof hulle nooit gesondig het nie. God het die berouvolle siele net so lief soos Hy Sy eie Seun liefhet, en om Christus ontwil ontvang Hy hulle as seuns en dogters van Sy familie. Deur Sy lewe, sterwe en opstanding het Christus ‘n ‘ewige geregtigheid’ beskikbaar gemaak aan elke kind van Adam wat, in eenvoudige geloof, gewillig is om dit te aanvaar.
Die Geskiedenis van Jesus in kortliks in volgorde

- Die Geskiedenis van Jesus in volgorde
- Gebore in Bethlehem Lukas 2:1-7 5/6 vC
- Herodes sterf en Jesus keer terug na Nasaret Matt 2:19-23 4vC
- Jesus as seun in te temple Lukas 2:41-51 7nC
- Johannes die doper se sending begin Lukas 3 26nC
- Pontus as Govener aangestel 26nC
- Jesus se evangelie sasie begin Lukas 4:14-30 26jnC
- Jesus verander water na wyn Joh.2:1-11 27nC (eerste eerste wonderwerk)
- Jesus genees die koninklike beampte se seun Johm 4:46-54 27nC (tweede wonder werk)
- Jesus wonderlike visvangs Luk.5:1-11 27nC
- Jesus genees Petrus se skoonma Mark 1:29-34 27nC
- Jesus genees die melaatse Mark. 1:40-45 27nC
- Jesus genees die verlamde man Mark.2:1-12 27nC
- Jesus genees die man in Betesda Joh. 5:1-47 28nC
- Jesus genees die man met die verdorde hand Matt. 12:9-14 28nC
- Johannes die doper onthoof Matt.14:1-12 28nC
- Jesus woon die huttefees of feast of Tabernacles by Joh.7:11-52 29nC
- Jesus in Jesusalem; Sy dood; opstanding en hemelvaart.