Wanneer jy kind word wag daar 1n belofte van God vir jou.
God wil in jou leef sodat jy kan verander word na die Beeld van God
ONTVANG GOD SE BELOFTE Hand 2:37-39Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
Wie kan God se belofte ontvang? “almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”
Dit wat daar plaas gevind het; die invuling of doop met die Heilige Gees is die belofte van die Vader en is vir almal wat die Here God na Hom sal roep!
Mense wat die uitstorting van die Heilige Gees aanskou het, het begeer om ook die Heilige Gees te ontvang; Het jy ook `n begeerte?
Sal Jesus jou vul met die Heilige Gees?
Luk 11:9-13 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Wanneer jy Jesus liefhet en Hom gehoorsaam sal Hy die Heilige Gees stuur om by jou te bly tot in die ewigheid. Maar as jy nie in Jesus glo en gehoorsaam nie en ook nie in die Heiige Gees ken nie, kan jy nie die gawe van die Heilige Gees ontvang nie!
Joh 14:15-17 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Het die uitstorting van die Heilige Gees net eenmaal gebeur, en net vir die Jode?
Die Jode wou nie by die mense wees wat nie Jode was nie ingaan nie en het hulle as heidene gesien, net so sien ons sekere mense of volke as heidene en wil ons nie met hulle meng nie.
Hand 10:11-17 hy (Petrus) sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem. En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.
Die Here het Petrus gestuur om met die heidene die evangelie te deel, dit het gebeur nadat die Heilige Gees in Handelinge 2 uitgestort was.
Hand 10:44-48 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly. Hoe het Petrus geweet dat hulle gedoop is met die Heilige Gees? Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.
Wat is die teken van die doop met die Heilige Gees?
Mar 16:15-19 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Die teken van die doop met die Heilige Gees is wanneer mense bonatuurlike gawes ontvang!
Is die Heilige Gees doop belangrik? Paulus se eerste woorde aan ‘n groep mense wat besig was om die Here te aanbid was: “Het julle die Heilige Gees ontvang?”
Hand 19:1-6 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Hoekom het Paulus hulle weer gedoop met water? Omdat hulle nie gedoop is met die doop van Jesus nie. Wat is die doop van Jesus?
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Paulus het sy hande op hulle gelê en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Het Paulus hulle gedoop met die Heilige Gees, nee, hy het sy hande op hulle gelê sodat Jesus hulle kan doop met die Heilige Gees.
Mat 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Wat is die doel van die doop met die Heilige Gees?
1 Om ons in `n eenheid met God saam te voeg:
Ef 4:4-6 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
1Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
2 Sodat ons die krag van die Heilige Gees deur ons kan werk.
Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Luk 10:19-20 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Mat 10:7-8 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Die werke wat Jesus gedoen het om mense te genees en dooies op te wek, het Hy ook deur die Heilige Gees gedoen. Hy het bonatuurlike werke gedoen eers nadat die Heilige Gees op Hom gekom het.
Jesus het belowe dat Hy die Heilige Gees sal stuur nadat Hy opgeneem is in die hemel.
Joh 16:7-11 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
Jesus het die dissipels gevra dat hulle hul moet afsonder en wag vir die Heilige Gees, hulle kon nie net hoop dat hulle die Heilige Gees sal ontvang sonder om daarvoor in gebed te vra nie.
Hand 1:4-5 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Jesus het nadat Hy in die hemel opgeneem is die Heilige Gees na ons gestuur, Daarom moes die dissipels in die bokamer wag totdat die Heilige Gees uitgestort is. Net so moet jy jou afsonder en wag om die Heilige gees te ontvang.
Hand 1:12-14 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus. Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
Hulle was In gebid en eendragtig bymekaar, en gereed om die Heilige Gees te ontvang.
Hand 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Wie is die Heilige Gees, is Hy net `n krag?
Die Heilige Gees word ook beter vir ons beskryf as ons; “paraklētos” ons helper en advokaat. Staan ook bekend as die Gees van die waarheid.
Die Heilige Gees kom van God die Vader en getuig van Jesus:
Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Die Heilige Gees sal net die waarheid spreek.
Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
Die Heilige Gees sal ons oortuig van:
Sonde; Omdat hulle nie in Jesus glo nie Geregtigheid; Omdat Jesus na Sy Vader gaan ("geregtigheid" dui hoofsaaklik op 'n wetlike en sosiale status of 'n morele staat; die nakoming van God se wil)
Oordeel; Oordeel omdat die owerste van die wêreld geoordeel is (Satan)
God se Gees transformeer God se mense om Sy morele beginsels, leringe met ander te deel en bemagtig hulle om Sy doelwitte te vervul. Die Skrif praat van die menslike gees, demoniese geeste en die Gees van God.
Die Gees van God, wat aktief is in die skepping (Gen 1:2) en onder God se mense.
Psa 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
Psa 104:30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
Die Ou Testamentiese prentjie van God se Gees beklemtoon die Gees se werksaamhede. Die Gees het sommige van God se dienaars bemagtig om namens Hom op te tree en te praat. Hierdie bemagtiging het vaardighede soos leierskap wat profesie insluit. Profesieë oor die tydperk van herstel demonstreer die Gees se vermoë om morele transformasie te verskaf deur God se mense te bemagtig om Sy wet te onderhou. In die Ou Testament het die Heilige Gees vaardig geword op mense.
In die Nuwe Testament het die Heilige Gees in mense kom woon sodat God deur hulle kan werk om Sy werk te volbring!In latere Bybelse gedeeltes verskyn die Gees as 'n duidelike goddelike persoon. Die Ou Testament gee soms wenke dat die Gees van God van die Vader onderskei kan word.
Jesus openbaar alles vir ons Hy doen nie dinge in die geheim nie, dit is die werk van die duiwel.
Jes 48:16 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur. I n sommige gedeeltes, soos Handelinge, tree die Gees ook as persoon op (Herder, Narratiewe Funksie); verskeie Bybelse tekste gebruik ten minste die beeld van die Gees se persoonlikheid.
Die Heilige Gees is nie net `n krag nie maar `n Goddelike Persoon:
1 Die Heilige Gees is God: Hand 5:4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
2 Ondersoek alle dinge: 1Kor 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Hy is lief vir ons: Rom 15:30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God.
3 Het Sy eie wil: 1Kor 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
4 Hy praat: Hand 13:2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
5 Hy het kennis: 1Kor 2:11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
Hy het Persoonlike riaksie: Hand 5:9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
Hy kan bedroef word: Ef 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Hy inspereer Bybel skrywers: 2Pet 1:20-21 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
Maak ons sterflike liggame lewend: Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon
Wanneer jy Jesus aangeneem het en dit Heilige Gees ontvang het moet jy breek met jou vleeslike lewe en in die Gees lewe. Rom 8:8-10 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
Jy is slegs `n kind van God, as jy toelaat dat die Heilige Gees jou lei! Rom 8:12-14 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Wanneer die Heilige Gees in ons kom woon is ons liggaam die tempel waarin Hy woon. 1Kor 3:16-18 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
Wanneer die Heilige Gees in jou is het jy nie die wêreld se wysheid nodig nie. Jes 11:1-2 Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.
Die tale wat mense praat wanneer hulle die Heilige Gees ontvang is nie tale wat hulle ken nie maar wat die Heilige Gees hulle gee om uit te spreek, dit is bonatuurlik : 1Kor 14:2-4 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
Die taal wat jy van die Heilige Gees ontvang kom nie van jouself nie, en jy self kan dit nie verstaan nie, die Heilige Gees spreek deur jou. Wanneer die Heilige Gees werk beheer die mens nie die gemeente nie maar die Heilige Gees.
1Kor 14:26-29Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
Die Heilige Gees gee vir een `n taal om uit te spreek en vir `n ander die uitleg. Die uitleg is nie `n vertaling van die taal nie. Daar moet altyd orde wees in die gemeente, sodat dit nie die leiding van die Heilige Gees steur nie. Let ook op dat wanneer iemand in`n taal spreek vertaal die ander nie die taal nie maar gee `n uitleg van die taal. Die Gees is in beheer en Hy gee vir die een persoon `n taal en vir die ander die uitleg.
Daar is ook ander gawes wat die Heilige Gees aan ons gee: Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, en almal kom deur die Heilige Gees. Die gawes word aan die mens gegee en kan nie verdien word of gekoop word nie. God gee dit aan die mens. Die doel van die gawes is nie om jou ‘n beter mens te maak nie, ook nie om jou geestelike bo ander mense te stel nie maar om die gemeente te stig.
Kan die gawes verdien word of gekoop word. Hand.8:14-20 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
Daar is net een doel van die gawes, en dit is om die gemeente van die Here te versorg en op te bou. Die gawes is in werklikheid gereedskap wat jy van God ontvang om vir Hom diensbaar te wees. Hoe meer jy dit gebruik hoe meer ontwikkel dit. God neem nooit weg wat Hy jou gegee het nie, maar jy moet dit ontwikkel sodat jy daardeur geestelik kan groei, en die gemeente daarby kan baat vind.
Daar is ‘n verskeidenheid van gawes, daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge en daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werke asook openbaringe. Alles kom deur die Heilige Gees met die oog op wat nuttig is. 1 Kor.12:4-11 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van die geeste, aan ’n ander allerhande tale, aan ’n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy Wil. Omdat ons deur die Gees deurdronge word ons deel van die Liggaam van Christus, sodat ons in `n eenheid God kan dien.
Rom.12:4-10Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid. LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; Ou Vertaling, 1953.
Die gawes kom nie deur 'n mens nie maar van die Heilige Gees wat gee aan wie Hy wil, en nie wat ek en jy wil hê nie, alhoewel jy kan bid dat Hy vir jou sal gee wat jy nodig het. Die gawes en die praat in vreemde tale is ook nie daar om jou geestelike status te gee nie, maar om jou toe te rus om God se werk op aarde voort te sit.
1 ‘n WOORD VAN WYSHEID Dit is ‘n bonatuurlike openbaring of insig wat wysheid voortbring om enige probleem wat voortkom op te los Voorbeelde hiervan: Hand 27:21-24 En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip. Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.
2 ‘N WOORD VAN KENNIS Dit is ‘n bonatuurlike openbaring van kennis, wat die wil, planne en gesindheid van ander openbaar, wat ‘n mens nie kan sien nie. Voorbeelde hiervan: Hand 5:3-6 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ‘n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het. Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
3 ONDERSKEIDING VAN GEESTE Dit is ‘n bonatuurlike openbaring van insig en kennis in die geestes wêreld, om geeste te onderskei en van hulle planne te weet, asook om die gedagtes van mense te onderskei. Voorbeelde hiervan: Hand 16:16-18 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
4 DIE GAWES VAN INSPIRASIE – DIT IS DIEVOKAAL PROFESIE Dit is 'n wonderwerk van bonatuurlike uitinge in woorde wat nie van mense gedagtes en menslike redenasies kom nie. Dit is tot opbouing, vermaning, bemoediging, aanmoediging en stigting van die gemeente. Voorbeelde hiervan: Hand 21:11-13 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.
5 ALLERHANDE TALE Dit is bonatuurlike uiting in ander tale wat nie bekend is aan die spreker nie. Dit kan ook ander wêreld tale wees wat die persoon wat dit uitlê nie ken nie maar deur die Heilige Gees geopenbaar word. Voorbeelde hiervan: Hand.2; Hand. 10:45-48 Hand 2:6-8 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
6 UITLEG VAN TALE Die is bonatuurlike vermoë om tale uit te lê. Dit is nie ‘n vertaling van ‘n taal nie maar die uitleg daarvan. Wat nie van die spreker kom wat dit in ‘n verstaanbare taal uit lê nie. Voorbeelde hiervan: 1Kor 14:26-29 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
7 DIE GAWES VAN KRAGTIGE WERKE GELOOF Dit is ‘n bonatuurlike geloof wat op God vertrou sonder om te twyfel, sonder ongeloof wat positief op God gerig is vir ‘n Goddelike ingryping ten spyte van die omstandighede en probleme. Voorbeelde hiervan: Hand 16:25-27 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak. En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy ‘n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
8 DIE GAWE VAN GESONDMAKING Dit is ‘n bonatuurlike krag om enige sieke gesond te maak sonder die gebruik van menslike geneesmiddels of menslike hulp. Voorbeelde hiervan: Hand. 3:3-16 Hand 3:3-6 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ‘n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!
9 DIE WERKINGE VAN KRAGTE Dit is die bonatuurlike krag om in te gryp en die natuur wette, en dit te verander deur wonderwerke te bewerkstellig as dit nodig geag word. Voorbeelde hiervan: 2 Kon. 4:1-7 Hand 28:3-6 En Paulus het ‘n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ‘n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt. En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis ‘n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered. Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie. En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ‘n god was.
Die Heilige Gees se krag en werking kan duidelik in die lewe van Jesus op aarde gesien word. Jesus het wel die mense geleer maar het geen wonderwerke gedoen voordat Hy gedoop is met water en gevul is met die Heilige Gees in Matt. 3: 13-17 nie. Jesus het Homself ontledig toe Hy in die wêreld gekom het en het dus nie Sy krag gebruik om die wonderwerke te doen nie, maar die Heilige Gees het deur Hom gewerk en die werke gedoen.
Die profete van die Ou Testament het ook geprofeteer oor die werke van Die Heilige Gees Jesaja se profesie; Jes. 32:14-15; Jes. 44:3; Jes. 61:1-3 Joël se profesie; Joël 2:28 Joël 2:28-31 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
Net soos jy `n boom kan onderskei van sy vrugte, so moet mense in wie die Heilige Gees is aan hul vrugte geken word. Gal 5:22-25 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Die Simbole van die Heilige Gees: Duif: Mat 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
Wind: Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Reën: Joël 2:23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
Water: Joh 4:13-14 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Olie: Heb 1:9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; Vuur: Luk 3:16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Onderpand: 2Kor 1:21-22 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
Seël: Ef 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Daar was 10 mense in `n gemeente vyf het die Heilige Gees in hul lewe gehad en vyf het nie die Heilige Gees gehad nie. Slegs die helfte mense in die gemeente was gereed om die Bruidegom te ontmoet! Lees: Matt 5:1-13
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.