Kompleet bedienning Kursus
Jesus se opdrag aan elke kind van God is:
Mat 28:18-20 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 1953
Die oes is groot maar die arbeiders min!
Luk 10:1-12 En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie. En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom. Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het. En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.
Basiese kwalifikasies van `n sielewenner:
- Lief wees vir mense.
- Moet wedergebore wees deur water en Gees.
- Moet die vrugte van die gees dra, voorbeeld stel
- Bekommer wees dat mense sonder Jesus verlore gaan.
- Moet `n intersessors wees; bid vir die mense waarmee jy deel.
- Moet `n liefde hê om God se Woord te lees en toe te pas.
- Moet heiligmaking in sy eie lewe toepas.
- Moet bereid wees om jou eie foute te erken en reg te stel.
Vra die volgende vir mense wat Jesus wil aanneem:
- Indien jy tot sterwe kom, waar sal u die ewigheid deurbring? By God of in die ewige hel?
- Indien u sou sterf en voor God verskyn, en die Here vrae u: “Hoekom dink jy, jy kwalifiseer vir die ewige lewe saam met Christus? Wat is jou antwoord?
- Wat laat jou dink dat jy die ewige lewe verdien?
- Werk saam met nuwe bekeerlinge deur die grond beginsels ingesluit vooraan die lesings.
Voordat jy met `n persoon deel moet jy eers seker maak wat sy behoefte is.
- Indien die persoon terugeval het moet jy met hom deel volgens afdeling twee.
- Indien die persoon een of ander probleem het moet jy met hom deel volgens afdeling drie.
- Indien die persoon siek is deel met hom volgens afdeling vier.
- Indien die persoon vasgevang in met verslawing deel met hom volgens afdeling vyf
- Indien die persoon vir iemand anders intree deel met hom volgens afdeling ses.
- Indien die Heilige Gees vir jou die persoon `n binding in sy lewe het volg die leiding van die Heilige Gees.
Onthou altyd om eers te verstaan voordat jy optree, maak seker dat jy die persoon verstaan.
- Wat is sy geestelike agtergrond?
- Luister en verstaan wat die behoefte is, voordat jy antwoord
- Moenie met jou eie lewe en ander se lewens vergelyk nie.
- Wees nederig en opreg, mense kan dit aanvoel.
- Indien jy nie kan help nie; plaas jouself in sy omstandighede om hom beter te verstaan en bid vir hom.
- Vra hom wat hy dink sal help.
- Wanneer iemand jou vertrou hou dit vir jouself en bid slegs daaroor. Moenie met ander deel nie.
- Moenie vir iemand bid as jou asem of jou liggaam onaangenaam ruik nie.
- Hanteer alle groot mense en kinders met respek.
- Plaas slegs jou hand op die persoon wanneer jy vir hom bid!
- Bly in kontak met die persoon
Efe 4:1-7 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; en Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
Vergifnis
Leer die persoon om te vergewe soos hy wil hê Jesus moet hom vergewe! Vergifnis kan net gebeur as hy dit wat in die verlede gebeur het, agter te laat, sonder om terug te kyk en vorentoe te beweeg. Hy moet homself bevry, en ander sodat hy vry kan kom!
Mat 6:12-25 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Afdeling 2 Teruggevale mense.
Jer 3:14-15 Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring. En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.
Jesus het nie gekom ons te oordeel nie!
Joh 3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Jesus het vir die vrou wat mense veroordeel het gesê:
Joh 8:7-11 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
Ons Hoëpriester tree in vir ons.
Heb 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
Die verlore seun is nie verwerp wees sy sonde nie
Luk 15:21-24 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
Dawid het moord gepleeg en God het hom nie verwerp nie.
Psa 51:4-12 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Afdeling 3
Mense wat vermoeid en belas is. Hoekom dra jy `n las wat te swaar is vir jou? Gee dit vir Jesus!
Jy moet empatie hê vir die persoon, luister en laat die Gees van God jou lei om met hom te deel. Ons het nie altyd die oplossing vir probleme nie. Moenie vir hom jou oplossing gee nie. Laat hom toe om sy hart uit te spreek en vir hom bid. Liefde, empatie en 'n gewillige oor is alles wat mense met probleme nodig het. Vra die persoon wat hy dink sal help. Kontak hom die volgende dag om uit te vind hoe dit met hom gaan.
Jesus se uitnodiging
Mat 11:27-30 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
Jes 48:16-17 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur. So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
Skuil by God
Ps 23:1-4 Die Here sorg vir my soos ’n herder wat sy skape oppas; ek het niks meer nodig nie. Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede. Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie. Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien. Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. Soos ’n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens sy wil te lewe. Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is. Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my. Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel. (DB)
Psa 91:1-14 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Wanneer jy weet wat sy probleem is kan jy voor in hierdie lesings kan kyk na “Om moeilike tye te hanteer” Daar is verskillende onderwerpe.
Afdeling 4
God se opdrag aan ons is om mense gesond te maak. Jy het nie die vermoë om mense te genees nie. Al wat jy moet doen is om vir hulle te bid, wanneer hulle nie genees word nie, moet jy nie moed verloor nie, bly bid tot dat Jesus hulle kan genees! Staan op God se beloftes!
Jak 5:13-15 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
Jesus het ons krankhede op Hom geneem.
Jes 53:3-5 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Geloof in God se beloftes is hier belangrik; jy kan nie mense genees nie, jy bid en God genees!
Hand 3:3-6 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ‘n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!
Hand 3:16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
Luk 8:43-48 En ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie, het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het? Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het. En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.
Bid vir die persoon vir genesing. Volg hom op en laat hy weet dat jy hom daagliks in jou gebede dra.
Afdeling 5
Verslawing is wanneer die bose mag oor jou het wat jy nie kan breek nie. Om die bose se krag en heerskapy oor jou te breek moet jy geestelik versterk word deur die Woord van God; wat jy ontvang wanneer jy dit gereëld hoor, lees en gehoorsaam. Sluit aan by gelowiges wat jou kan help, jy moet dit erken en bely.
1 Kor 1:18-19 Ek besef hoe belaglik die boodskap van die kruis moet klink vir hulle wat verlore gaan. Maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God. Soos die Skrif sê: “Ek sal die wyse mense se wysheid tot niet maak; en die skerpsinniges se briljante idees sal Ek van die tafel vee.” (NLV)
Jesus het gekom om jou van verslawing en die mag van Satan te verlos.
Heb 2:14-16 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
Slaaf van sonde.
Joh 8:34-36 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is. En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Moet nooit oordeel nie, Jesus is nie gestuur om te oordeel nie daarom kan jy nie oordeel nie. Moenie voorbeelde van ander gebruik nie omdat almal nie dieselfde agtergrond het nie. Indien die persoon wil oop maak probeer vasstel waar en hoe dit begin het. As hy nie wil oopmaak nie bid slegs vir die persoon en behou kontak wys dat jy werklik omgee!
Jy kan “Geestelike bindings” voor in hierdie lesings deur werk wanneer jy vasgestel het wat die persoon se probleem is.
Afdeling 6 Intersesie vir iemand anders.
Dit is `n opdrag van God dat ons vir mekaar moet intree.
Gal 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
God roep alle Christene om intersessors te wees. Dit is God se begeerte dat elke gelowige sal intree vir ander. Wat ‘n wonderlike en prysenswaardige voorreg het ons nie, om in dapperheid voor die Almagtige God se troon te kom met ons gebede en versoeke!
Help mekaar met die gees van sagmoedigheid
Gal 6:1-4 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.
Jy kan “Gebed en intersesie” in hierdie lesing deurwerk.
Stem saam en bid saam.
Mat 18:18-20 Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Die Here hoor en Hy is goedgunstig oor almal
Psa 145:15-21 Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
Bly in Christus sodat Sy krag in jou geopenbaar kan word.
Joh 15:4-7 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.