Wie is God werklik?
God se wese volmaak in krag, met wysheid. Hy is Almagtig, alomteenwoordig. alwetende barmhartige en genadig maar ook regverdige; Skepper en Heerser van alles wat bestaan van ewigheid en tot in alle ewigheid, Hy is die bron van alle lewe, sigbaar en onsigbaar in die totale Skepping. God en Sy Woord staan vas en kan nie verander nie!
Ons het gesien dat God uit drie Persone bestaan, en dat hulle as 'n eenheid saamwerk, alhoewel hulle drie persone is, werk hulle saam in 'n eenheid! Liefde vorm 'n eenheid omdat almal mekaar liefhet en respekteer. Ons het ook in Jesus se Hoërpriester se gebed gesien dat Hy ons wat Hom dien een moet word met Hom en die Vader soos hulle een is.
Deu 6:4 Hoor, Israel, die HERE (yehôvâh) onse God ('ĕlôhı̂ym) is ‘n enige (echâd) (HERE.
yehôvâh - Jehovah = Onveranderlik, altyd teenwoordig, in die teenswoordige tyd, self onderhoudend, bestaan uit Homself.
ĕlôhı̂ym - Elohim beteken Skeppers en beheerende kragte
echâd – Tolaal verenig
God het alles aan Jesus oorgegee en het die wêreld deur Jesus geskep.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Heb 1:1-2 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie
Jesus het die wêreld geskep.
Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Jesus is die Woord wat van die Vader kom, Daarom het Hy nie Sy Woord aan ons gebring nie maar die Vader se Woord.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
God die Vader het Jesus gestuur.
Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
Joh 8:28-29 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
Kol 1:18-20 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Jesus het gesê dat die Vader groter is as Hy.
Joh 14:28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.
Jesus is ons Hoërpriester wat vir ons intree by die Vader.
Heb 8:1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.
Wanneer Jesus se werk op aarde voltooi is sal Hy weer alles oorgee aan die Vader.
1Kor 15:24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Die name van God in die Ou Testament gee vir ons 'n beskrywing van wie God is. Vader, Seun en die Heilige Gees is deel van die Godheid.
Omdat daar slegs een God is; is God se naam:
Exo. 3:13-14 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? - wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Ou Vertaling, 1953.
Die Naam “EK IS WAT EK IS” verklaar:
- Dat Hy uit Homself bestaan; Hy is nie afhanklikheid van enige ander nie. En as hy self bestaan, kan hy nie anders as om selfversorgend en voldoende te wees nie, Hy is die onuitputlike fontein van Sy wese en saligheid.
- Dat Hy ewig en onveranderlik is, altyd dieselfde, gister vandag, en vir ewig: Hy sal wees wat Hy sal wees en wat Hy is; tot in ewigheid
- Hy is getrou en getrou bly is aan al sy beloftes, onveranderlik in sy woord sowel as in sy aard, en nie 'n man wat hy moet lieg nie.
Dit is baie interessant om te weet dan dit die gewoonte was in die Ou-Testament om name te gee wat die persoon beskryf. Dit is hierdie name waardeur ons baie leer, wie God is. Die mens is maar geneig om in sy raamwerk dinge en mense te vergelyk om dit beter te verstaan. In werklikheid sal ons God nie kan beskryf met ons raamwerk van kennis nie. Maar as ons na die name van God kyk, en hul betekenis kry, kan ons ‘n idee kry wie God is. Die gedeeltes in die [ ] help om met die uitspraak van die woord.
Die woord GOD is ‘n Germaanse woord wat beteken: Die Aangeroepende.
Hierdie name kom uir Bybel geskiedenis dit weergee die karaktreke van GOD. Maar in werklikheid kan ons, met ons menslike kennis en vermoë nie werklik GOD in ond grootste drome brskryf nie. Ook id daar in ons menslike denke geen gelykenis waarmee ons GOD kan vergelyk nie.
Jes 40:12-18 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem, en in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal? Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig? Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie! En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie. Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken. By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
Skrif:
Gen 1:26 En God (Elohim) het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Gen 2:4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE (Jehovah) God (Elohim) die aarde en die hemel gemaak het,
Die woord Elohim kom 250 keer voor in die Bybel
El beteken magtig; kom 250 keer voor in die Bybel
Elohim beteken Skeppers en beheerende kragte
Jehovah [je-no-va] beteken : Onveranderlik, altyd teenwoordig, in die teenswoordige tyd, self onderhoudend, bestaan uit Homself.
Deut 10:17 Want die HERE (Jehova) julle God (Elohim) is die God (Elohim) van die gode (Elohim) en die HERE ('âdôn) van die here ('âdôn); die grote, magtige en gedugte God (el) wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
âdôn [aw-done] soewerein, beheerder
Deu 6:4 Hoor, Israel, die HERE (Jehova) onse God (Elohim) is ‘n enige (echâd) HERE.
'echâd = behoorlik verenig
Jehova kom 6,823 keer in die Bybel voor.
Gen 17:1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE (Jehova) aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, (shadday) die Almagtige (el); wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
El-Shaddai Beteken: Almagtig
Gen 22:14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien (Jehovah-Jireh)! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
Jehovah-Jireh [yeer’-eh] Beteken: God sal voorsien
Gen 22:14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! (Jehovahjireh) Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
Jehovah- râphâh [raw-faw] = God genees
Exo 15:26 en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE ((Jehova) wat jou gesond maak. (râphâh)
Jehovah-qâdash [kaw-dash'] = God wat ons heilig Skrif
Lev 20:8 En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig. (qâdash)
yehôvâh nissı̂y [yeh-ho-vaw' nis-see'] = My banier Skrif:
Exo 17:15 En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier. (yehôvâh nissı̂y)
Jehovah- shâlôm [shah-lom = Vrede in God se teenwoordigheid (Rig.6:24 Jes.9:6; 63:9)
Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, (yehôvâh) gedagtes van vrede (shâlôm) en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
Jehovah- râ‛âh [raw-aw'] = Die Here is ons Herder Jes.44:24-28 2 Sam.7:8 Ps.78
Psa 23:1 ‘n Psalm van Dawid. Die HERE (yehôvâh) is my herder; (raw-aw') niks sal my ontbreek nie.
Jehovah- tsedeq [tseh'-dek] = Die Here ons geregtigheid Lev.19:35-36 Jes. 45:21 Ps.129:4
Jer 23:6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. (tsedeq)
Jehovah- shâm [sham’-mah] = Die Here is hier Joh.14:23
Esg 48:35 rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar! (shâm)
Shadday = Allerhoogste, Oppermagtig,
Exo 6:2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, (Shadday)maar met my
Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
- El Shaddai: Beteken God Almagtig:- Niks is sterker as God nie of daar is niemand wat meer magtig is as God nie. (As God dan vir my is wie kan teen my wees Rom 8)
- El `Olam: beteken ewige God: - God bestaan van ewigheid tot ewigheid, geen begin en geen einde; altyd God en sal altyd God wees .
- El Hai: beteken God sien:- God sien en weet alles, God sien alles op die aarde, daar is niks vir Hom verberg nie. Hy sien jou nou.
- El Gibbor: beteken God van sterkte- God is sterker as alles wat bestaan; sterker as die sterkste mens; sterker as die sterkste bose mag, sterker as die sterkste krag!
- Ehiyeh sh'Ehiyeh: Ek is wat Ek is- God is soos Hy is en kan nie verander nie, altyd dieselfde
- Jehovah Jireh: beteken Die Here wat voorsien Gen.22:13-14- Hy is ’n God wat daagliks vir ons gee dit wat ons nodig het.
- Jehovah Rapha beteken Die Here wat genees Exodus 15:26-God is ons Skepper en genees alle siektes, geestelik en vleeslik (liggaamlik & emosioneel)
- Elohim: beteken Die kragtige Gode, of God die Skeppers, Goddelike majesteit:- Dit is ’n meervoud. God is die Skepper van alles wat bestaan, Hy besit al die krag en mag, God is die Koning van alles wat bestaan en alle mense sal voor Hom buig en erken dat Hy God is van alles en almal.
- Jehovah-niss’i beteken: my banier (Ex.17:8-15)- God lei my geveg vir my, in die gesag van God, is ons deel van Sy leërmag.
- Jehovah-Shalom beteken Die Here is my vrede (Rig.6:24)- Dit is God wat my innerlike vrede gee, wat my veilig laat voel want ek is bewus van Sy teenwoordigheid.
- Jehovah-Ra-ah beteken Die Here is my herder:- God is met my Hy sal vir my sorg soos ’n herder sy skape oppas, Hy sal sorg vir my voedsel, vir my veiligheid en vir my groei in Hom.
- Jehovah-Tsidkenu beteken Die Here is my geregtigheid. Jer.23:6- God wat my verander sodat ek opreg voor Hom kan wandel deur te doen wat reg en regverdig is, in geregtigheid met almal om my.
- Jehovah-Shannah beteken Die Here is teenwoordig. Esg.48:35:- Die Here is altyd by my, dag en nag, in moeilike tye en goeie tye. Waar ek ookal beweeg is God.
Die Skeping.
Die wetenskap is ver agter met die navorsing van die skepping van God.
Die groote van die heelal kan nie met ons tegnologie bepaal.
- Die dieptes van die see kan nog nie bepaal word nie, en al die verskillende lewens in die see is nog nie ontdek nie
- Daar word nog verskillende diere op die aarde gevind wat nog nie aangeteken is nie.
- Al die plant soorte wat groei op die aarde is nog nie aangeteken nie.
- Daar bestaan nie `n instrument om die kleinste deel van die skepping kan sien nie.
- Die Heelal bestaan uit sterre waarom planete draai, net so draai electrone om die atoom van alle materie.
Wie is ons as mens? So klein en tog so kosbaar vir God dat Jesus Sy lewe vir ons geoffer
Wie is soos U Almagtige?
Ps 8:1-10 Vir die musiekleier; op die Gittiet. ‘n Psalm van Dawid. (8:2) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, ) die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
Ps 139:1-5 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog